tag:blogger.com,1999:blog-36310968.post6704361559755649916..comments2023-08-25T06:48:26.865-04:00Comments on In the Shadow of the Baobab: The Proof Of The Pudding Is In The EatingBluegrassBaobabhttp://www.blogger.com/profile/17617320054588161346noreply@blogger.comBlogger4125tag:blogger.com,1999:blog-36310968.post-89652385338288878522010-08-14T02:10:59.063-04:002010-08-14T02:10:59.063-04:00WTH...ingles por favor.WTH...ingles por favor.Anonymousnoreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-36310968.post-31414817893041801572010-01-12T07:57:36.469-05:002010-01-12T07:57:36.469-05:00Nogal 'n goeie analogie wat jy trek: dis deel ...Nogal 'n goeie analogie wat jy trek: dis deel van die reis. Sal bitter graag daardie Grand Reserve wou proe en hoop hy's nog op sy kop. Tog jammer dat meeste wyne deesdae in 'n nuwe styl gemaak word (insluitend die Grand Reserve en andere) en nie meer genoeg krag het vir die lang pad nie.Anonymousnoreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-36310968.post-68225996354509506092010-01-12T00:38:11.727-05:002010-01-12T00:38:11.727-05:00Bib, dit gebeur, gelukkig selde. Ek beskou dit as ...Bib, dit gebeur, gelukkig selde. Ek beskou dit as deel van die ’drinking experience’. Soos om te verdwaal of in ’n verkeerde rigting in te gaan as mens reis in ’n vreemde land en dit deel word van die reiservarings.

Ek vrees ek het dalk nog een of twee sulke beskadigde bottels in my versameling. Maar dit sal eerder wees omdat ek die voggies dalk nie altyd in die perfekte toestand bewaar het nie. Hulle kom nog saam toe ons oorsponklik van Suid Afrika af ge-emigreer het. So hulle het heelwat travel miles agter die nek, so to speak. Ek dreig nou al geruime tyd om ’n Delheim Grand Reserve 1990, dubbele Veritas wenner, te open en hy mag dalk dieselfde lot getref het. Alhoewel, toe ek een bottel so ’n 3 jaar gelede oop gemaak het, het hy baie sediment gehad, maar smaak was nog baie goed.

Gewoonlik koop ek Chianti Classico met die pienk label om die nek dan weet ek die gehalte is puik en gewaarborg. Omdat ’n mens nooit weet met 100% Sangiovese nie verkies ek die wat versnee is met Merlot. Die Merlot rond dit netjies af.BluegrassBaobabhttps://www.blogger.com/profile/17617320054588161346noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-36310968.post-63080203171868895802010-01-11T08:20:28.345-05:002010-01-11T08:20:28.345-05:00Dankie vir 'n interessante vertelling en agter...Dankie vir 'n interessante vertelling en agtergrond. Ek is bitter jammer dat die smaak-ervaring so teleurstellend was. En ek stem saam - die bottel is op een of ander stadium bietjie mishandel. Ek sou ook die wyn gekoop het vir daardie prys!

Ek is nou reeds goed geskool daarin om sulke wyne terug te neem na waar ek dit gekoop het. Nie om die geld terug te kry nie (ek ruil dit altyd vir 'n ander bottel), maar met die hoop dat die winkel sal terugvoer gee aan die produsent.

Sangiovese en Chianti is lieflik as dit goed gemaak is (en behandel is in die bottel). Ek het ook al bloutjies geloop met Chianti op "special". Ek sien die wyn is IGT...my ondervinding is dat jou kanse op 'n goeie ervaring verhoog as jy eerder gaan vir die DOC of DOCG gesertifiseerde wyne. Maar dan is hulle gewoonlik redelik duur en nie afgemerk nie....

Die kos wat jy voorberei, klink nietemin mondwaterend. :)Anonymousnoreply@blogger.com