Sunday, March 16, 2008

Op Soek Na Nuwe Afrikaanse Rock Musiek

Ek het die afgelope paar weke so ‘n bietjie deur cyberspace gewandel opsoek na nuwe Afrikaanse musiek. As ‘n mens nie fisies kan instap by ‘n musiekwinkel nie, rond loer and luister nie, dan moet ‘n mens maar tevrede wees om die Internet te gebruik.

My wandelinge het my op baie interessante webwerwe laat beland. Sommige wat Afrikaanse musiek summier afkraak in woorde wat ek nie hier sal herhaal nie. (Ek probeer nie hipokraties wees nie. Ek is ‘n groot voorstander van vrye spraak en ek gebruik ook soms taal wat kru and kras is, maar om the vloek net omdat ‘n mens dink vloek is fashion en om ligaamsdele toe te voeg aan die beskrywing van musiek terwyl dit geen bydra maak tot die trefkrag van die boodskap nie, dan los ek dit maar liewers uit.) Gelukkig is meeste webwerwe positief oor Afrikaanse musiek.

Kyk, ek stem saam. Nagelang van persoonlike smaak is daar baie kak Afrikaanse musiek op die mark. Deur die jare is daar baie Afrikaanse musiek ge-release wat nooit die lig moes sien nie. Maar daar is ook baie Engels kak op die mark. Na my mening, as ek kyk na die ratio tussen hoeveel Engelse en hoeveel Afrikaanse musiek daagliks uitgereik word, dan verskyn daar sekerlik bakkies vol meer Engelse kak op die mark as Afrikaanse kak.

Nog ‘n rede hoekom Afrikaanse musiek nie altyd die by klank vind by sommige mense nie, is omdat die grootste gros Afrikaanse musiek “ligte luister” musiek is. Lees dit as “nie ernstige artistiese musiek.” En ek erken ek is nie juis opsoek na strooperige ligte luister musiek nie, maar ook nie na gothic of nywerheids-rock nie. Erens tussen in is daar ‘n aanvaarbare middeweg. Ek hoop so.

Dis nie dat Afrikaners nie goeie musiek kan maak of het nie. Daar is verskeie enkele snitte van verskeie kustenaars wat ek vind van hoogstaanded gehalte is, maar musiek van konstante goeie kwaliteit van dieselfe kustenaar is raar. En om ‘n hele CD van goeie musiek in die hande te kry is so skaars soos daglig by die Noordpool in Desember.

Hier is ‘n paar videos wat darem regtig nie die beeld van Afrikaanse musiek verbeter nie.

Hierdie een van Robbie Klay - Ra Ta Ta - Laat my dink aan die Da Da Da song van die tagtiger jare.



Ek stem saam boeremeisies is tops, maar A-ou A-ou, hierdie een van Lea Le Roux maak die ore seer.



Kyk as dit 'n kerk bazaar was het Dewald Dippenaar se Wys Jou Muis sekerlik die koek (excuse the pun) gevat vir die song met die slegste smaak. Iemand het regtig baie geld gemors om die video te maak.



Vergelyk nou die Jan Blohm video met die boonste videos en die verskil is soos dag en nag. En boonop is daar nog 'n bietjie "kultuur" humor ingesluit in Jan se video.



Dan praat ek nie eens van Blohm se 9mm Blues nie. Dis mos nou Afrikaanse rock.

1 comment:

Anonymous said...

Ek het nou lekker gegiggel vir jou soeke na goeie Afrikaanse musiek! Jy's reg, daar is baie twak (ek hou my maar lady-like en gebruik nie die dubbel-k middel-a woord nie!), en kan nie glo die goed verkoop actually nie.

O ja, en Roer ( http://kruidjieroermynie.wordpress.com ) haar molletjie is terug. Stasoft werk nie vir ewig nie...