Showing posts with label Afrikaans. Show all posts
Showing posts with label Afrikaans. Show all posts

Friday, May 5, 2017

Nietemin...Waarom Is Die Wereld so Faktap

 
Dit is nie elke dag dat artieste en musikante, wat taal daagliks gebruik om emosie, woede, blydskap, liefde, haat, geskiedenis, phychedelic idees, drome, redenasie, evangelisme, en ander stories te verkoop, hul taal vereer in ‘n liedjie nie. Stef Bos en Amanda Strijdom (Strydom) het.
 


Hier by ons en regtig orals oor Amerika is daar lokale radiostasies wat gewoonlik Klassieke Rock & Rock uitsaai. Afhangende van hoe jy Classic Rock definieer, sal jy by die een baie AC/DC, Led Zeppelin en ‘n horde van Amerikaanse “big hair bands” van die sewintigs en tagtiger jare hoor. By die ander een is Die Rollende Klippe (Rolling Stones), Pienk Vlooie (Pink Floyd), Elton John, Bruce Springsteen, The Eagles, en nog ‘n horde van Amerikaanse “big hair bands” te hoor. Maar elke nou en dan dan adverteer stasie nommer twee: “We are not ashamed to play this on our radio station” en dan hulle trek weg met ‘n obskure nommer een van die verlede of iets “folksy” of “countryside.”

As ek soms met mede Suid Afrikaners oor musiek praat en ek bring die name Amanda Strydom of Coenie De Villiers op of selfs Thys Nywerheid of Battery 9 dan kry ek so ‘n tweede kyk wat sê:

“Huh!...O ja…die kaberet sangers!” of "Wie's hulle?"

 
Opgeneem 25 September 2008 in die Koninklijk Theater in Amsterdam, Nederland. 

Miskien is ek van ‘n vorige tydperk en De la Rey is eintlik ‘n karakter uit die geskiedenis boeke en nie so seer die naam van ‘n gewilde liedjie nie. En Karlien van Jaarsveld...wel...nietemin...

Ek is nie skaam om te sê ek geniet Amanda en Coenie en selfs sekere van Karen Zoid en ander soortgelyke komposisies. Kaberet oftenot, wie het nou eintlik genres nodig? Dis die genot van die musiek wat tel.

Karen Zoid bly 'n gusteling. 
  


 
So gepraat van Thys Nywerheid, hulle het in Januarie 2017 hul nuutste album uitgereik. Die eerste in baie jare. Met hulle onlangse uitreiking Brekfis in Orania het hulle blykbaar ‘n bladsy uit die Heuwels Fantasties se boek geskeur. Alles klink ‘n bietjie te geprogrameerd en te Pop-py en te "Heuwels Fantasties". Dis ‘n jammerte want hulle Husse Met Lang Messe van jare gelede bly een van my gunsteling alternatiewe Afrikaanse albums. Hulle het hulle funk verloor. 

Wel, genoeg gesê voordat ek hierdie bladsye verder bemes met woordelike misstof.

Ietsie nuut van Thys Nywerheid en ook hedendaags toepaslik...
  

Tuesday, August 23, 2016

Sielskos en Theuns Jordaan in 'n Perdeskuur


Daar het dié week so ‘n klein stormpie in die Afrikaanse musiekbedryf se koppie boeretroos uit gebreek. Gert Vlok Nel, skrywer, digter, sanger, en ‘n diep seun van die Afrikaanse taal, het die sanger Theuns Jordaan daarvan beskuldig dat laasgenoemde glo sy liedjie Beautiful in Beaufort-Wes, 18 jaar gelede gesteel het en slegs skamelike tantieme van ongeveer R8,000 aan Vlok oor betaal het. Ai toggie! En dit terwyl Nel gekrepeer het van armoede in die Karoo en Jordaan meer as 500,000 eksemplare van die liedjie verkoop het.

Ek persoonlik het natuurlik geen haan in dié geveg nie. Tewens, ek het nog nooit voor vandag na die liedjie Beautiful in Beaufort-Wes geluister nie. Na ek die storie gelees het het ek na albie se weergawe van die liedjie gaan luister op Youtube en ek kan eerlik nie verstaan waaroor die bohaai gaan nie. Nog minder kon ek verstaan hoe op dees aarde Jordaan 500,000 eksemplare kon verkoop gekry het, each to its own I guess. Maar volgens my kennis van die musiekbedryf is dit nie die sanger wat ‘n ander sanger se musiek opneem se plig om tantieme oor te betaal nie, maar die oorsponklike musiek uitgewer se plig. Dit werk so wêreld wyd. En hoekom die musiek bedryf anders werk as die boek bedryf waar skriftelike toestemming verkry moet word van die skrywer om sy or haar werk te gebruik, dit kan ek ook nie verduidelik nie. So Gert Vlok Nel sal maar aan ‘n ander deur moet gaan aanklop om sy tantieme te herwin. Good Luck! Onthou wat gebeur het met Sixto Rodriguez.

 
Vanoggend, terwyl rëenbui na rëenbui oor Kentucky uitgesak het, ek die storie op Maroela Media raakgelees het en ek ‘n ongewone Saterdag “vry” het op die plaas, het die geskarrel in die Afrikaanse musiekskuur my laat heriner aan ‘n Saterdagaand so amper ‘n jaar gelede toe ek en M en ‘n klomp ander Suid-Afrikaners opgetrek het Shelbyville toe om na ‘n konsert van Theuns Jordaan te gaan kyk in ‘n perdeskuur. Hy was deur ‘n Suid-Afrikaner wat nou hier in Kentucky boer uitgenooi om te kom op tree op ‘n perdeplaas met die gepaste naam van Singing Hills Farm, natuurlik sonder enige bedoelde woord speling. Voor die konsert het ek geen idee gehad wie Theuns Jordaan is nie en ek en M moes eers na van sy musiek gaan luister het. Ons was nou nie juis bowled over nie maar ‘n saamtrek is ‘n saamtrek. Hy kon wel daardie aand Beautiful in Beaufort-Wes gesing het, ek het geen idee nie.

 



Ek sê “’n vry Saterdag” want die afgelope twee maande met elke vrye oomblik is ek, M en my seun al besig om die plaashuis se sederhout huisbedekking te “power wash’, af te skuur, te sandpapier en te verf  terwyl dit die warmste, natste, bedompigste en mees insekte-besmette somer is die afgelope 18 jaar in Kentucky. En enige iemand wat al hul huis buite om geverf het sal weet wat se enorme taak dit is. So ‘n reëntjie op ‘n Saterdag is eintlik ‘n verwelkoming. Ongelukkig was daar ander werk wat ek toe gaan gedoen het in die werkswinkel. Daar is nooit regtig iets soos ‘n vry Saterdag nie.

En die ongure weersomstandighede gedurende die somer het ook veroorsaak dat die groentetuin maar ‘n skrale oes voort gebring het. Vorige jare het ons altyd ‘n oorvloed van groenboontjies en tamaties gehad wat ingelê kon word vir kerrieboontjies en pastasous, maar vanjaar is daar te min. Dit wat geoes kon word moes dadelik gebruik word in ‘n dis. So terwyl ek op die agterstoep sit en ‘n koppie boeretroos drink en die rëen beloer met droewige oë, dink ek wat ek sal maak met die emmertjie tamaties wat ek twee dae gelede geoes het. Daar is eitlik maar net een oplossing. Iets wat ek al weke voor lus is. Tamatiebredie! Wat is dan nou lekkerder as skaapskenkel en tamatiebredie. Ek besef skaapnek is seker ‘n beter snit maar om skaapnek in ons geweste by ‘n kruidenierwinkel te kry is soos om vir kudobiltong in Amerika te soek. En die skaap wat ek laas geslag het, net soos alle ander skape, het ongelukkig net een nek gehad en dit is al lank gelede in ‘n Franse bredie verorber. 

 
Ek weet dit is nie winter in Kentucky nie, maar die bewolkte, renerige weer het my laat voel ek is genoop om ‘n bredie te maak. En wie het die reël neer gelê om te sê bredies is net winterkos? Sielskos bly sielskos, winter of somer.  Tamatiebredie is een van die egte tradisies wat Suid-Afrikaners van die Hollanders geerf het. Dit is so tradisioneel Suid-Afrikaans soos braaivleis, biltong, malva pudding en Hertzog koekies. By sommige mense is daar die persepsie dat die Maleiers bredies na Suid-Afrika gebring het, maar dit is eintlik ‘n dis wat seker in die Midde Ooste by die oer-oue mense ontstaan het en toe weswaarts na Europa gereis het. Ek is seker die Franse Hugenote het ook hulle stempel op sekere Suid-Afrikaanse bredies geplaas, maar die Hollanders en later die trekboere en hul swart driebeenpotjies het die grondslag gelê om bredies ‘n lekkerbekkig en ‘n kulturele erfstuk van te maak. Dis seker hoekom swaarboompotte, swart gegote yster vir die vuur of gekleurde Chasseur vir die stoof of oond vandag nog bekend staan as “Dutch ovens”.

 
En om bygaande impak te voeg by die gemoedstoestand van tradisionele Suid-Afrikaanse kookkuns het ek my kelder besoek en ‘n bottel Groot Constantia 2008 Cabernet Sauvignon gaan uitkies. Wat kan nou meer tradisioneel wees as voggies van die oudste wynplaas in Suid-Afrika, die een wat die grondslag gelê het vir wynbou in die land. Ek het die bottel gekoop tydens ons laaste besoek aan Suid-Afrika in 2010 en dit gehou vir ‘n spesiale geleentheid en sienende dat my swaer Godfrey vandag sy 50ste verjaarsdag daar in die Suidelike Halfrond vier, is dit ‘n ideale geleentheid om dié bottel Groot Constantia van sy opgekurkte aromas en smake te verlig.

 
Sielskos!
Kaapse Tamatiebredie saam met Kaapse rooiwyn! Altyd ‘n uitstekende kombinasie!

Nou sit ek hier na aandete en in die woorde van daardie Worcester boytjie met die rooi veldskoene, David Kramer, “stoksiel alleen op ‘n Saterdagaand” maar gelukkig saam met M, op die agterstoep en sip aan my eie tuisgemaakte koppie Italiaanse cappuccino. Die tamatiebredie het fantasties uitgekom en die wyn was topgehalte. Definitief die hoë prys werd. Die storm in die Afrikaans musiekbedryf is vergete. Dit reen nog steeds en meer word voorspel vir die res van die nag. Maar die oomblik om te waardeer is nou. Die lewe is eenvoudig te kort vir margarine, geproseseerde kaas, TV dinners, Budweiser Light en goedkoop rooiwyn. 

PS: Ek sien nog 'n Afrikaanse troebadoer, Valiant Swart, is ook aan die kla oor booking agents en venue-eienaars wat maar traag is om te betaal wanneer hulle moet. Ek skat daar is ietsie wat stink en vrot is in die Afrikaanse musiekbedryf. 

Wednesday, August 13, 2014

‘n Kaaps-Italiaanse Gemoedstoestand - Penne met Boerewors, Pinotage en Basiliekruid



Dis nou al weke dat ek lus is vir boerewors. So uit die bloute uit. Sedert ek laas in 2010 in Suid-Afrika was het ek boerewors geëet, maar dis so lank gelede ek kan nie eens meer onthou wanneer laas nie. Dit moet jare wees. Ek skat 2011 laas. Ek het nou selfs so ver gegaan en geprobeer om boerewors speserye oor die Internet gekoop by African Hut in California en Out of Africa Trading in Vancouver, maar beide het nie Freddy Hirsch se Grabouw Boerewors speserye in voorraad gehad nie. Die goed moet gewild wees. Terloops, wat ‘n verrassing was dit nie toe ek ontdek het dat Grabouw boerewors speserye en vele ander nou beskikbaar is op die Internet. Ek wag nou vir die volgende aflewering daarvan by African Hut.
  
Hoekom dan net Grabouw speserye? Dis waaraan ek gewoond was, mee opgegroei het en waarna ek nou smag. Die perfekte balans tussen vleis, vet, koljander, neutmuskaat en naeltjies. Ek sê nie dis die beste boerewors nie; die “beste” bestaan net in elke fynproewer se palaat. Boerewors is mos ‘n tradisionele lekkerny en soos dit maar is met elke land se eie tradisionele geregte, is daar soveel “die beste” soos elkeen se eie resep of die resep waarmee hy/sy grootgeword het.

 
Toe ek laas in Suid-Afrika was het ek spesiaal ‘n ompad gery om by Grabouw te stop en wors speserye te koop. Ek het voorheen hieroor geskryf in 2011. Ek het destyds met die terugkoms boerewors te maak en die speserye gebruik, maar myne was glad nie so ‘n sukses soos die ware Jakob wat ek in Suid-Afrika geëet het nie.

Laas Vrydag moes ek in Lexington, KY, wees en toe maar my moed laat begewe en by Critchfield Meats gaan stop en ‘n pak “Karpse Boerewors”, soos die etiket gelees het, gekoop. Jare gelede het ek al besluit Critchfield Meats mag dalk hul boerewors boerewors noem, maar dit was nog altyd net so ‘n verre smaak afwyking soos die verkragting van die woord “Kaapse” op hul etikette. Ek het doerie tyd al besluit om nie meer van hul boerewors te koop nie. Nie dat my probeerslae enigsins beter is nie! Maar dis sooibrandpillewors. Want die geëet van hulle weergawe van boerewors en sooibrand loop hand-aan-hand soos lovers op ‘n evening stroll na ete. Gewoonlik het hulle wors te veel asyn en te min koljander in.    


 

Maar dit was nogtans met afwagting dat ek Saterdagaand die helfte van die pak wors saam met ‘n skaaptjoppie of twee op die kole gegooi het. Soos altyd het ek ekstra koljander fyngemaal en bo-op die wors  geskrooi voor braaityd. Maar groot was my teleurstelling, wat het ek regtig verwag, maar ook verbasing om ‘n soetigheid in die wors te proe in plaas van die gewone suurigheid van “te veel asyn.” Nou nie cheesecake soet nie, maar ‘n duidelike suggestie van ietsie soet. Het die slagter nou gaan staan en bruinsuiker by die wors gooi? Ek weet van sekere, rare boerewors resepte wat vra vir bruinsuiker, (‘n onding na my mening) maar net ‘n titsel om van die asyn te neutraliseer. ‘n Mens is nooit veronderstel om dit te proe nie. Of as ‘n mens Karoo Boerewors maak en brandewyn gebruik het ek al gesien die resep vra vir ‘n bietjie soetwyn. Miskien het die slagter se suikerhand geglip? Of…hy kon tog nie perdevleis gebruik het nie. Hulle sê mos dit het so ‘n soeterige smaak en Kentucky is mos perde wêreld. No, no…no benefit of the doubt! Hulle wors was nog altyd en bly kak.

Maar wat gemaak met die ander helfte van die gekoopte pak wors?  Kom Sondagaand en ek wou eers ‘n Lancashire Sausage Hotpot maak met gekapte aartapels en jong wortels op ‘n uie, knoffel en bietjie tamatie fondasie, maar hoe meer ek dink aan die soetigheid hoe meer het ek geneig na ‘n tamatie pasta sous. Die soetigheid gaan mos beter saamsmelt met die delikate soetigheid van ‘n goeie tamatiesous. Dit laat my mos ook ruimte om die smaak te beheer afhangende van hoe sterk die neutmuskaat en naeltjies smaak na vore gaan kom. Ek besluit toe maar om innoverend te wees en my eie resep te skep Penne con contadino salsiccia e vino rosso e basilico, Penne met Boerewors, rooiwyn en basiliekruid, te maak. Nie dat ‘n mens regtig boerewors kan vertaaal na farmer or peasant wors nie. Boerewors is boerewors! Maar dan weer, dié wors is ‘n kama-boerewors, so ‘n Italiaanse vertaling is aan die orde van die dag.   


 
Ek begin toe maar. Of as ek Esmé Euvrard en Jan Cronje mag aanhaal: Só maak mens…

Kap ‘n groot Spaanse geel ui, ‘n handvol jong worteltjies en 3 knoffelhuisies fyn. Intussen verhit ‘n bietjie olyfolie in ‘n pan, voeg die uie en wortels by en laat dit soteer vir 6 tot 8 minute. Die uie moet begin karameliseer. Voeg dan die knoffel by vir so ‘n minuut en skep dan alles uit en hou eenkant. Terwyl die uie en wortels elk hul sagter sy ontdek en mekaar beter leer ken deur die geprut, sny solank die wors op in 1 duim dwergworsies, happie grote.  Gooi die wors in die pan en braai liggies. Hoekom gooi ek nie net sommer die wors by die uie nie? Ek wou eers probeer agterkom hoe sterk die reuk van speserye en asyn na vore kom om te bepaal hoeveel en watter ander speserye en kruie ek moet byvoeg. Gewoonlik as gegeurde vleis begin opwarm, binne die eerste 2 of 3 minute, is die ontlading van die verskillende reuke van die speserye die sterkste. Dis toe dat ek sal agterkom wat die soetheid in die wors veroorsaak. Of wel ek dink so. Dit was die asyn. In plaas van ‘n tipiese suurige reuk van bruin asyn het ek ‘n soetige asyn reuk in die stoom vanaf die pan bespeur.


 Selfs 'n wildsbokkie het nader gestaan en kom kyk wat maak ek op die stoep.

Braai die worsies vir ‘n paar minute net tot alle kante begin vaal-bruin word. Voeg dan ‘n glas rooiwyn by, laat die alkohol verdamp, skep die uie-en-wortel mengsel terug in die pan en gooi ‘n 14 oz. bottel gekoopte tamatie pasta sous by. In my geval was dit ‘n bottel ingevoerde Gia Russa Marinara sous van Italië, maar enige goeie spaghetti-sous sal werk. Om so ‘n bietjie extra woema te gee het ek 1 teelepel gedroogte Siciliaanse kruie, 2 teelepels gedroogte Italiaanse kruie, sout en swartpeper by gevoeg.  Sit ‘n deksel op die pan en laat dit saggies stowe vir omtrent ‘n uur.

Sienende dat ek dan nou ‘n amperse Suid-Afrikaanse atmosfeer geskep het met die kama-boerewors en die reuke van ‘n Italiaanse plaaskombuis die huis deurweek, let’s go all the way, en ek maak toe maar ‘n bottel Bolandse voggies oop om ‘n volledige Kaaps-Italiaanse  gemoedstoestand daar te stel. Hoe dan anders? Pinotage is mos eg Suid-Afrikaans, gebore en getoë in Stellenbosch, en Nederburg is ‘n Kaapse ikoon soos Paarlberg se Taalmonument, net oor die bult vanaf die bekende wynmaker.      
 
So terwyl die boerewors sy unieke vleis en spesery geure laat uitsypel en saamsmelt met die roomerige tamatiesous, vat ek ‘n ruskansie in ‘n skommelstoel op die agterstoep, staar uit oor die weiveld, nog sonder skapies, geniet ‘n sigaret en sip aan die rooi voggies. Ek het ook ‘n draai gaan maak in die tuin en ‘n handvol basiliekruid blare en vine ripened tamaties gaan pluk.

Die wyn, 'n 2010 Nederburg Pinotage, Winemaker's Reserve, was 'n uitstekende voorbeeld van hoe 'n Pinotage moet proe en lyk. In die glas was dit diep robyn rooi met baie min purper op die rante en die neus was vol pruime en 'n bietjie eikehout. Op die palaat was dit 'n vet, sagte, mondvol vrugte sonder die kenmerkende aardse smaak wat in baie Suid-Afrikaanse wyne voorkom. Min tanniene te bespeur. Die nasmaak was lank, peperig met fluisterende gerugte van bitter swart koffie. In die algemeen 'n hoogs verfijnde wyn. Wilhelm Pienaar, die wynmaker het hom uitstekend van sy taak gekwyt.


 
Terug in die kombuis, kook so veel penne pasta soos benodig in soutwater tot al dente. Indien te veel van die tamatiesous weggekook is kan van die verrykte pastawater by die sous gevoeg word. Of nog  rooiwyn. Take no prisoners. Ek het van beide bygevoeg. Dreineer die pasta en voeg dit by die boerewors-en-tamatie mengsel, gooi driekwart van die gekapte basiliekruid by en meng liggies.




Now for the crowning glory. Strooi ‘n laag, so ‘n opgehoopte handvol, gesnipperde Mozzarella kaas, ‘n goeie laag gerasperde Parmigiano-Reggiano kaas en nog 'n handvol gesnipperde Cheddar kaas bo oor die kosmengsel, sit die deksel terug, sit die stoof af, en vat nog ‘n ruskansie op die stoep, neem 'n foto of twee van 'n wildsbok wat nuuskierig nader staan, terwyl die kaas smelt en hul romerigheid die pasta mengsel beseën en bevrug. Koskook is mos harde werk!  



Net voor opskeptyd strooi twee klein, gekapte tamaties en die laaste van die basiliekruid oor die kos as garneering.
 


M se kommentaar oor hierdie Boere-Italiaanse kooksel: OMG!!! Die gereg het 'n sagte robuuste smaak gehad vanwee die boerewors se skerp speserye en Siciliaanse kruie maar was tog ook romerig vanwee die topgehalte tamatiesous en handevol kaas. Definitely a keeper, as ek net boerewors in die hande kan kry.


  
Na 'n stukkie aarbeie kaaskoek vir nagereg het ek die naderende sonsondergang met 'n beker koffie vanaf die agterstoep gesit en besigtig. Hoogs tevrede met die resultaat van my Penne con contadino salsiccia e vino rosso e basilico, Penne met Boerewors, Pinotage rooiwyn en basiliekruid,

Friday, August 31, 2012

Die Ossewa


Uit die Hoofstraat van Pretoria
Op die grondpad na Orania
Diepste donker Afrika
Kom die psychadelic ossewa
Psychadelic ossewa.

 Psychadelic Ossewa - Thys Nywerheid, 2008

 
Toe M sê sy gaan haar nuwe ryding “Ossewa” noem het die bogenoemde lirieke onwillekeurig in my brein geflits. Psychadelic Ossewa is een van verskeie uitstekende liedjies op Thys Nywerheid se critically acclaimed debuut album van 2008, Husse Met Lang Messe.

 
Ossewa of te not, krediet moet gegee word aan die Toyota ingenieurs, want die bussie ry soos ‘n droom. ‘n Mens weet nie eens jy ry ‘n minivan nie, want dit ry soos ‘n sedan.

 
Hulle noem dit antropomorfisme, die praktyk om menslike eienskappe aan diere toe te ken, maar ook aan ander lewelose voorwerpe - soos jou motor byvoorbeeld. Motors mag tegnies lewelose wees, maar ons dink nie noodwendig aan hulle op daardie manier nie.

 
Waarom is dit dan dat mense hul motor ‘n naam gee, maar hulle sal nooit 'n naam gee aan hul yskas, sitkamerbank of TV-stel nie? Skepe kry name en vlieeniers gee name aan hul vliegtuie.

 
Die deskundiges het 'n paar teorieë: Motors kan beweeg wat hulle voorwerpe van animering (ek hoop dis die regte Afrikaanse woord?) maak. Mense dink motors is lewendig. Hulle doen hul banktransakties en koop hul drugs by die pharmacy in hulle motors, spandeer baie ure werk toe en terug in hul motors, verpersoonlik met “stuff” en gerieflik uitgelê vir die kos en drankies wat deur die drive-thru gekoop en geeet word oppad iewers heen terwyl ‘n DVD agter in blêr om kinders besig te hou. Vroee jare, en soms steeds, kyk mense movies in hul motors by die drive-in.

 
Hedendaagse motors, grootes of kleintjies is in een of ander form ‘n kantoor, sitkamer, eetkamer, slaapkamer en entertainment centre op wiele. Die huislike alternatief. Beweeglik en altyd gewillig om te gaan waar hulle bestuur word.   

 
Motors is ook 'n ding van trots vir baie mense. Sommige mense, ek gaan nie sê net mans nie, maar ek dink meestal mans, spandeer ‘n hele Saterdag, elke Saterdag om hul motors skoon te maak en te polish. Selfs al het die kar meestal die week in die garage gestaan. Elke Saterdag!

 
[Thank goodness I have a farm of baie ander dinge om te doen.]

 
Maar ‘n mens hoef nie whimsical, wacky of weird te wees om motors name te gee nie. ‘n Onlangse studie* van die National Car Parks in Brittanje het getoon dat 50% van Britte gee hul motors name. En in baie ander lande doen hulle dieselfde.

 
Ek was nog nooit ‘n motornaamgewer nie maar M het ons eerste motor “Knersus” gedoop. Die ou 1972 Datsun 120Y coupe het nie net ‘n ernstige wheel alignment problem gehad nie (daar was permanent ‘n spanner langs my sitplek vir vinnige herstel doeleindes), maar ook “natuurlike” air-conditioning en ‘n sitplek ruglening wat automaties en onwillekeurig  agteroor geval het in die lê posisie. (Wel ons was jonk en ongetroud…)

 
Op Chapman's Peak met Houtbaai in die agtergrond (2010)
 
Die “natuurlike” lugversorgingstelsel het ontstaan toe ons eendag op Chapman’s Peak Drive by ‘n uitkykpunt gestop het. Die wind waai mos maar altyd in daardie gedeelte van Kaapstad en toe M die deur oopgemaak het om uit te klim het die wind dit uit haar hand geruk en heeltemal omgebuig na die voorkant van die kar wat veroorsaak het dat die deur daarna ‘n permanente opening gehad het tussen die deurpaneel en die motor se bakwerk.

 
M het uit geklim, die petalje so bekyk, want die deur was nie meer waar dit altyd was nie en begin lag. Eers ‘n stop-start gegiggel wat oorgegaan het na ‘n maag-vashou, rondtrappende, in-sirkels-loop, ek-gaan-in-my-panty-piss tipe lag en sy kon nie ophou nie. Sy’s nie een wat die opportunity vir ‘n goeie lag laat verby gaan nie en moes iets snaaks gesien het in dié deur wat skielik sy binnegoed na buite gewys het en sy agterkant na voor gedraai het. Eers was ek…WTF…en toe teleurgesteld om te sien die enigste besitting wat ek toe gehad het wat meer as R500 werd was (maar ook net), het so pas die helfde van sy waarde verloor, en, omdat lag aansteeklik is, toe begin ek ook maar lag. M se sussie wat saam met ons was was nie geamuseerd nie. Ek kan onthou sy was briesend omdat M gelag oor ‘n “ernstige saak van skade.” Vandag nog lag ons oor dié episode.

  
Daar was nie dadelik geld vir regmaak nie en dit was in elk geval ook nie die moeite werd om te laat regmaak nie, en ons moes daarna maar altyd ‘n kombers in die motor gehou het om M se bene warm te hou want die Kaapse wintersweer kan geniepsig tussen ‘n motor se deur en bakwerk deur syfer veral as jy die verbysnellende pad van die binnekant van die motor af kon sien.

 
Dus, Knersus, want daar was altyd ‘n gekners op die tande of ons by ons bestemming sou uitkom al dan nie. 


 
‘n Paar maande later het ons Knersus met vallende sitplek en natural air-conditioning verrruil vir ‘n kanariegeel 1982 Toyota Carolla en dié het M dadelik “Geletjie” gedoop. Snaaks, geen van ons ander motors deur die jare het name gehad nie, behalwe M se Mazda Miata wat sy “Meisiekind” genoem het. Uhmmm, seker hoekom ek so baie daarvan gehou het om in die Maita te ry…   

 
Volgens bogenoemde studie is name van celebrities glo die gewildste, met Prins William en Lady Gaga onder die gewildstes. Ek ken nie juis Britse celebrities nie, maar nou wonder ek…is Naked Harry een van die gewilde name deesdae? 

* Lees die NCP se verslag hier.

Ossewa foto vanaf Sarie Marais.com

Wednesday, March 21, 2012

Die Landskap Is ‘n Lemoen


Die landskap is ‘n lemoen.

Stadig-ontwakend lê dit in die oranje-geel môrestond en wag dat die dag moet breek. Op die horison wei swart Angus beeste soos geeste in die halfverligte oggend en smul aan die vars, doubedekte eerste lentegras terwyl voëls van allerhande vere die dag begroet en my ore bestreel met ‘n kakofonie van vrolike opgewekte gesang.

Dis dae soos dié wat dit moeilik is om die plaas te verlaat vir die beton wereld van afsprake, rekenaars, vergaderings en ander mense se moet-gedoen-word dinge.

Dis dae soos dié waar die rustige genot van oggendkoffie op die agterstoep en ‘n gestap deur die veld meer van pas sou gewees het om die dag te begroet.

Dis dae soos dié wat my laat wens dis elke dag Saterdag.

Friday, May 27, 2011

Midweek Musical Muse XIV - Die Langpad, Christoph Kotze


Een stomende desemberaand in wellington
in breyen se huis
saam met jan en christoph

breyten se brief - jan blohm

en as ek vlug in die wind
word ek die donker se kind
en belydenis die bind my
met jou tangerine-roos tintelend.
word wakker, word wakker
met die news paper grappe
vat my ver weg van jou
en jazz cafe se omo
so wals my my lief
laat my in angels believe
ek het gesê jy is die son in breyten se brief
want hy maak ons huil maar jy maak my sien.

sunnyside se poems dryf my sweet sherry toe
het jy ‘n clue my baby blue
my rosie so true.
en as dors aan die tyd, sing die kaapse wind suid
kom lê in my arms, ek het als weggesmyt
maar wals my my lief
laat my in angels believe
ek het gesê jy is die son in breyten se brief
want hy maak ons huil maar jy maak my sien.

en ek skryf jou gedig
jakaranda in die reën
en die volmaan eers blinkend
sy’s happy jy’s nou clean.
laat my klim om die glimlag, helend wag
hierdie visions van jou
my venus se blouvrou
maar wals my my lief
laat my in angels believe
ek het gesê jy is die son in breyten se brief
want hy maak ons huil maar jy maak my sien.

so vlug vlug my kind
in die blou lug my kind
so vlug vlug my kind
in die blou lug my kind


Thursday, March 31, 2011

Die Sommelier - GP Terblanche - 'n Boek Resensie

As enige skrywer ‘n boek die lig wil laat sien wat afspeel in Suid-Afrika se na-apartheid era, veral as die storie polities geinspireer is en veral as die boek ook nog in Afrikaans geskryf is, Afrikaans sal mos altyd nou gekoppel word aan apartheid, dan verwag die Afrikaanse leser sosiale kommentaar.

In sy debuutroman, Die Sommelier, stel GP Terblanche dan ook nie teleur nie, tewens hy gaan verder en soos ‘n beelhouer skep hy uitstekende en kontrasterende Suid Afrikaanse karakters wat amper uit klip gemaak is: In Oosterbeek, die tipiese sekuriteitsbewuste, werkgefokusde, diknek Afrikaner spioen wat nog glo dat blanke mans ‘n bydra kan lewer in ‘n polities gebaseerde intelligensie apparaat, en in Lev Engelbrecht, ‘n wyndrinkende, natuurliefhebbende, maar ontnugterde en marginaliseerde man wat opgegee het om binne die raamwerk van die na-apartheid, swart gedomineerde intelligensie netwerk te probeer in pas.

Die Sommelier is ‘n spioenasieriller wat af speel teen ‘n agtergrond van internasionale radikale-Moslem terrorisme, transformerende restellende aksie en Swart Ekonomiese Bemagtiging (Black Economic Empowerment). Maar dis ook ‘n verhaal van Lev Engelbrecht, ‘n man wat voorraad neem van sy lewe en probeer uitvind wat hy moet doen in die toekoms, en van Johan Oosterbeek wat wil vasklou aan wat hy het en waaraan hy gewoond was. Dan is daar nog die knoeiende Amerikaners, 'n groep tipiese Suid-Afrikaners wat op 'n wilds-oord werk, en nasionale intelligensie werkers met hul eie agendas van korrupsie en afpersing.

Die roman begin stadig, amper te stadig, met terugflitse na ‘n vorige lewe en liefde, maar die tempo neem toe soos verskillende karakters die ingewikkelde aksieteater betree. Die rol van wyn (sensueel beskryf), die beskrywing van Suid-Afrika se natuurskoon, die insig tot onbevoegheid van staatsamptenare, en die kortsigtigheid en selfverrykende aksies van die nuwe Suid-Afrikaanse politici verdiep die storielyn.

En ja, dan is daar die sosiale kommentaar oor die politiese verlede en hede van Suid-Afrika. Dit maak nie afbreek aan of trek nie die aandag van die storie nie. Soos enige Alan Furst roman verbreed die sosiale kommentaar die storie se agtergrond en skep dit atmosfeer rondom die karakters, al kom sommige van die sosiale kommentaar van die pragtige Amerikaanse spioen, Jane Turnbull, wat nie groot insig tot die Suid-Afrikaanse geskiedenis het nie:

“Hulle sê dis die Afrikaners wat die [Voortrekker] monument gebou het om hulle trekgeskiedenis te gedenk. Sy wonder wat hulle oorreed het om ‘n brutale stelsel soos apartheid jare later te implementeer. Hoekom was hulle so wreed? Wat was hulle motivering? Was of is hulle in werklikheid inherent slegte mense. ‘n Klomp konserwatiewe, primitiewe mense. Bybel in die een hand, voorlaaier in die ander.”
Maar dis nie net sosiale kommentaar wat van buite na binne kyk nie. Lev Engelbrecht ken Suid-Afrikaners, weet hoe dit binne hulle koppe lyk, veral in die nuwe Suid-Afrika:

“Ek stel niks meer belang nie. Ek’s lankal klaar! Hoe kan jy anyway saamleef met die middelmatigheid…Ek hou nie van die fôkken regering nie en nog minder van hoe hulle die land bestuur. Ek het geen lojaliteit nie!”
Daarteenoor is Oosterbeek nog steeds die gelowige in die nuwe stelsel:

"Nou goed! Ek werk vir die fucked-up spul! Ek sien die fôkken middelmatigheid! Dink jy ek is blind! Dink jy ek weet nie wat om my aangaan nie? Dink jy dis lekker vir my om al die kak elke dag op te vreet? …Maar, fôk! Wat as ons nou elkeen tou opgooi en wegloop! As ons nie dinge ten minste prober beter maak nie!”

Dis die eerste keer in seker 15 jaar dat ek ‘n Afrikaanse roman gelees het, en dit was beslis die moeite werd. Daar is genoeg legkaart-storielyne soos dit behoort te wees in ‘n spioenasieriller en baie byspelers om die geheel interessant te hou. Die karakters kom lewensgetrou voor en die gebeure is verteenwoordigend moontlik van die tydperk se koerant opskrifte. Ek het die boek baie geniet. Was ook lekker om weer ‘n slag Afrikaans te lees.


Lees meer oor die boek by die skrywer se blog:
http://boerinballingskap.wordpress.com/2010/01/08/binne-elkeen-van-ons-skuil-daar-n-boek/

of Rapport se review van die boek

Die Sommelier - GP Terblanche
Uitgewer: Rosslyn-Pers Prys: R140
Die boek is verkrygbaar by Protea Boekwinkel in Stellenbosch en moontlik nou ook landwyd.

Die Sommelier omslag foto krediet: GP Terblanche

Wednesday, March 30, 2011

Midweek Musical Muse XII - Johnny En Die Maaiers


Na aanleiding van die eer wat Die Antwoord, die Suid-Afrikaanse white-trash, zef-rap-rave musiekmakers, toegeval het die week toe die bekende kuns ondersteuners en eienaars van verskeie moderne kuns museums, die Guggenheim Foundation, aangekondig het dat Die Antwoord se video, Zef Side, een van die Internet se 25 bestes videos van die afgelope 2 jaar is, plaas ek graag ‘n alternatiewe blik en skyfies van die Afrikaanse musiek geskiedenis vanaf die sestigerjare tot en met die Voëlvry beweging.

Oor hierdie reeks videos sal ek Jamie Oliver aanhaal: “Delish”. Die Antwoord sal natuurlik sê: Geniet net die fôkken musiek doos!

Omdat ek self van agter die Boereworsgordyn kom verkies ek liewers wat Francois Badenhorst van Coke van Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel-faam gesê het: “Ek laaik van Afrikaans praat” en Hunter Kennedy, ook van Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties-faam beaam het: ”Ons is Afrikaans, there is no way around that.” So praat die monde van die Bellville manne van agter die Boereworsgordyn. En dis van agter hierdie gordyn wat die Afrikaanse musiek se volgende evolusie gekom het rondom die einde van die Twintigste en gedurende die begin van die Een-en-Twintigste eeu.

Vat hom Fluffy!

Die Intro



Deel 1 - Die Sestigerjare



Deel 2 - Is Afrikaans 'n genre?



Deel 3 - Musiekfeeste



Deel 4 - Die Jare Sewentig



Deel 5 - Die Voëlvry beweging verander Afrikaanse musiek vir altyd




Tuesday, March 22, 2011

Talmtyd

Na ‘n supermaan-Saterdagaand(*) is ons op die eerste dag van lente geseën met ‘n pragtige sonskyn-Sondag om ‘n bietjie litte los te maak in die tuin, vere reg te skuif vir die beter dae wat voorlê en die beste skemeraand in maande buite op die agterstoep deur te bring.

Aah…Talmtyd!

Terwyl die Chinaman vir my ‘n Venetia skemerdrankie en vir M ‘n glasie Chardonnay getoor met tropiese vrugte op dien, sit ons sommer net so en hard op droom oor alles wat ons graag wil doen in die tuin die somer, wêrldreise voordat ons te oud word, opkomende musiekvertonings in Louisville van Elton John and Steely Dan wat ons graag sal wil gaan kyk, (Steely Dan is ‘n no-brainer, dis ‘n moet-doen) en alles en nog wat.

Aandete was ‘n vinnige, saam gevlansde vleisbraaitjie en slaai. Wie wil nou lang ure in die kombuis deurbring terwyl die weer so lekker saamspeel. ‘n Vuurtjie dans rooiwarm en die rooster word skoon gebrand. Die skemer-son skilder die westelike lugruim geel-oranje-en-rooi soos dit agter die bome verdwyn en gereed maak om nag te sê suid van die horison. ‘n Skaaptjoppie vir elkeen, die laaste van Spekkies se lekker tuisgemaakte bees boerewors, ‘n vinnige oudtydse aartappelslaai, stroopsoet spanspek en ‘n geroosterde knoffelbotter broodjie.


Saam met aandete ‘n glasie Root:1 Cabernet Sauvignon van Chili se Colchague vallei, een van vele goedkoop maar uitstekende wyne van Chili wat deesdae in ons drankwinkels beskikbaar is. Hierdie een is definitief ‘n lekker-drink wyntjie vir min geld, slegs $10-12 per bottel. Een van daardie wyne wat wynliefhebbers by die doos koop. Ideaal vir vleisbraai aande.

Die wyn het een van die mees interessantste en innoverenste etikette wat ek in ‘n lang tyd op ‘n wyn bottel gesien het. Dit vertel die storie van oorsponklike druif wortelstamme wat nog in Chile gevind kan word in teenstelling met verente wortelstamme wat in die res van die wêrld gebruik word weens die Phylloxera plaag wat die wynbedryf lamgelê het in die laat 1800’s en vandag nog steeds verhoed dat Europese wyne, Vitus vinifera, die Cabernets, die Grenaches, die Merlots, die Viogniers, ensovoorts, nie sonder verente wortelstamme geplant kan word nie. (Nota: Selektiewe oorsponklike wortelstamme kan ook nog in Australia gevind word). Daar is sommige wynbemarkingsagente wat ons wil laat glo dat wyn gemaak van oorsponklike worterstamme vrugtiger en beter is as wyn van verente wortelstamme. (But it is nothing more than a matter of taste and palate.)

Aah…Die stadige leef lewensstyl! Maar ongelukkig net soms.

Geen beter manier om die week af te eindig of te begin, afhangende van die siening of Sondag die einde of die begin van jou week is.

(*) Weens die feit dat die maan op Saterdagaand slegs 221,567 myl vanaf die aarde was, het dit glo 14% wyer en 30% skerper vertoon as normaal. Dis is die naaste wat die maan aan die aarde was sedert Maart 1993. As if it's important!

Thursday, February 10, 2011

Wednesday, March 24, 2010

Midweek Musical Muse V - Musiek Tussen Die Spore

Elke land of taalgroup het sy veelsydige artieste. Mense was uitblink in verskeie kunsvorms soos sing, dans, teater, film, televisie, ensovoorts. Om ’n lewe daaruit te maak hang partykeer af van die aantal mense wat die taal praat en verstaan of die land se bevolkingsgroote.

[Hoe groter die taalgroup hoe groter die kans op sukses?]

Om ’n bestaan te kan maak in Suid Afrika as ’n kustenaar in Afrikaans was nog altyd meer van ’n liefdessaak as ’n hoogs kommersieele nastrewing. Afrikaans is ‘n klein taaltjie in vergelyking met Engels of Spaans. Dis waarom veelsydigheid amper ’n vereiste is om brood op die tafel te sit. Nie dat almal arm is nie, maar geen kan kan met Cher vergelyk word, wat kommersieel hoogs suksesvol is en met ‘n Academy Award (Oscar), ‘n Grammy, ‘n Emmy en drie Golden Globe Awards en vele ander toekennings kan spog. Daardie tipe wereld wye ster status van veelsydigheid te same met kommersieele sukses is raar.

Ek weet nie wat se kommersieele sukses Richard van der Westhuizen behaal het nie, maar ek glo dat veelsydigheid bygedra het tot sy vermoë om ’n bestaan te kon maak as ’n hoogs suksesvolle en baie invloedryke Afrikaanse kunstenaar oor dertig jaar. Richard speel toneel: In teater, televisie, films en radio het hy saam met Afrikaans se grootste akteurs en aktrieses opgetree. Hy is groot in oorklanking na Afrikaans. Hy maak musiek, alleen of saam met Lochner De Kock en Andrew Roos of saam met Anton Goosen, Piet Botha en Andre Swiegers as 4. En hy is betrokke by musiekteater saam met Karen Wessels en Anneke Visagie.

Op al die gebiede het Richard van der Westhuizen tot dusver diep spore gelaat in Afrikaans en Suid Afrika.

Wednesday, February 17, 2010

Midweek Musical Muse III


Ter herdekking van Valiant Swart se 20ste jaar op die verhoog.

As een van dié wat vroeg met die Voëlvry beweging van die laat-tagtiger jare inklank gevind het, het Valiant nie net musikaal oorleef nie, maar ontwikkel en gegroei tot ’n welbekende naam in Afrikaanse musiek sedert daardie Dorpstraat en studentekroeë dae.

Tuesday, January 19, 2010

Sonsondergang



Dis koud daarbuite
-6 °C to be exact
Hier binne is dit warm en gesellig
zo houd den bek
en geniet die sonsondergang

Monday, January 18, 2010

'n Afrikaanse Sondag



Rainy Day At Tujagues by Alan Flattmann (giclee on paper)

Nadat ek laat oggend die rekenaar aangeskakel het, iTunes opgestart het, amper onwillekeurig Afrikaans as die genre gekies het, en die dobbelwiel van die lukraak knoppie in my brein gestop het by Coenie De Villiers se ”As” en daarna by Jan Blohm se “Laaste Wals”, het ek gewonder of dit een van daardie Afrikaanse dae gaan wees.


Die titelsnit vanaf Jan Blohm se 7 Jaar

Terwyl Jan so met Maria Magdalena gesels, wonder ek of hy al weer iets nuuts die lug laat sien het. Ek het lanklaas gekyk na wat nuut is op die Afrikaanse musiek front. Ek google toe maar en was aangenaam verras om te sien Jan Blohm het ’n nuwe CD uitgebring, 7 Jaar.

[Maar ek’t ook agtergekom ek is lekker agter die klip. Hy het dit al middel verlede uitgereik.]

Ek hou van Jan se musiek. Die subtiele licks van sy leierguitar, die realiteit van sy lirieke, en natuurlik, die blues. Hy het definitief die Afrikaanse Blues genre sy eie gemaak. Diep seun! Maar ek luister net nou en dan na hom. Anders begin hy te veel na Norah Jones klink. Too sad and depressing.

Na ‘n uur se gesoek om die 7 Jaar CD in sy geheel te kan aflaai het ek opgegee. Ek kan die CD koop op kalahari.net and Look&Listen, maar sien nêrens waar ek dit kan aflaai in mp3 formaat nie.

[As enige iemand weet waar ek dit kan aflaai, laat my asseblief weet.]

[Intussen het Karen Zoid oor gevat by Jan op iTunes.]

Die weer buite het ook seker bygedra tot daardie Afrikaanse gevoel. Na 2 weke van Noordpool weer omdat die noordelike halfrond se jetstreams ’n wobble gestrike het, soos wat dit soms gebeur, (ek het in Januarie 2008 daaroor geskryf) is dit vandag warmer, maar so ’n trieserige, grys Kaapse dag en die sagte deurdringende motreentjie laat sulke lang druppels teen die venters af hardloop. Dis ‘n dag vir sielskos.


Biltong

Boonop maak ons biltong hierdie naweek. Ons het dit nog nooit probeer self maak nie. As die lus daar was dan het ons dit altyd oor die net bestel . Die week het M besluit sy’s lus vir biltong en sy gaan dit self maak. En hoekom nie. Ek het al ’n paar keer probeer boerewors maak, nie altyd so suksesvol nie, maar ek try nog.

Ons maak die biltong in ’n elektriese verdroër wat gebruik word om jerky (Amerikaanse biltong) te maak of om vrugte droog te maak, en wat ons al baie jare het en al gebruik het om natterige bees biltong (gewoonlik daardie lugloosverpakkende pakkies) droog te maak. Sy het Internet ingevaar en soos dit gebeur met tradisionele respte, het almal verskille bestandele en metodes. Sy het die week menige bestudeer en toe besluit om verskeie bestandele van verskeie resepte saam te flans om die smaak te kry waaraan ons gewoond is.

[Kan jy glo daar is biltong resepte sonder koljander?]



Wag, ek moet gaan kos maak. Ete vanaand is ’n Spaanse affair, my gunsteling, seekos paella. Dis eintlik ’n internasionale affair, met die flounder en tuna van waar hulle ook al flounder en tuna vang, swart mossels vanaf Chile, reuse garnale vanaf die Meksikaanse Golf, Italiaanse rys en die belangrikste, speserye van Spanje. En die wyn, onkonvensioneel, ’n Robert Mondavi Pinot Noir vanaf California. Dis net ek wat vanaand drink en ek het nie ‘n witte nodig om seekos te verbeter nie. ’n Rooie doen net so ’n goeie jobbie terwyl ek kook en gedurende die ete.

Wat meer wil ’n mens hê op ’n Afrikaanse Sondag. Goeie musiek en ’n wêreld reis in jou eie kombuis.

Thursday, August 27, 2009

Nietemin...

Dit is nie elke dag dat artieste en musikante, wat taal daagliks gebruik om emosie, woede, blydskap, liefde, haat, geskiedenis, phychedelic idees, drome, redenasie, evangelisme, en ander stories te verkoop, hul taal vereer in ‘n liedjie nie. Stef Bos en Amanda Strijdom (Strydom) het.

Stef Bos & Amanda Strijdom - De taal van mijn hart

Hier by ons en regtig orals oor Amerika is daar lokale radiostasies wat gewoonlik Klassieke Rock & Rock uitsaai. Afhangende van hoe jy Classic Rock definieer, sal jy by die een baie AC/DC, Led Zeppelin en ‘n horde van Amerikaanse “big hair bands” van die sewintigs en tagtiger jare hoor. By die ander een is Die Rollende Klippe (Rolling Stones), Elton John, Bruce Springsteen, The Eagles, en ‘n horde van Amerikaanse “big hair bands” van die sewintigs of tagtiger jare te hoor. Maar elke nou en dan dan adverteer stasie nommer twee: “We are not ashamed to play this on our radio station” en hulle trek weg met ‘n obskure nommer een van die verlede of iets “folksy” of “countryside.”

As ek soms met mede Suid Afrikaners oor musiek praat en ek bring die name Amanda Strydom of Coenie De Villiers op of selfs Emile Minnie dan kry ek so ‘n tweede kyk wat sê:

“Huh!...O ja…die kaberet sangers!”

Amanda Strydom - Stoom

(Ongelukkig is die video nie so goed soos die lied nie.)

Miskien is ek van ‘n vorige tydperk en De la Rey is eintlik ‘n karakter uit die geskiedenis boeke en nie so seer die naam van ‘n gewilde liedjie nie.

Nietemin, ek is nie skaam om te sê ek geniet Amanda en Coenie en selfs sekere van Emile se komposisies. Kaberet oftenot, wie het nou eintlik genres nodig? Dis die genot van die musiek wat tel.

Wel, genoeg gesê voordat ek hierdie bladsye verder bemes met woordelike misstof.
Emile Minnie - Susterliefde

Friday, February 6, 2009

As Jou Hart Reg Klop


Toe ek dit die eerste keer hoor toe dog ek, wow! Visioni dell'Italia. Wereld musiek in Afrikaans. Love it! Perfekte stem wat die regte atmosfeer skep. En die beat? Amper verslawend. Amper as of jou hart wil saam klop. Ek wil amper se skuif die lirieke bietjie agter toe. Nie dat die lirieke of die video sleg is nie, net van minder belang, want dis die ritmiese oorrompeling, gesigte van sonnige lande langs die Middellandse See, wat my by bly.

As Jou Hart Reg Klop - Anna Davel

Saturday, November 8, 2008

Die Lang Wag Is Oor...Of Is Dit?



Die lang wag is oor…of is dit? Ek is nie seker of ek verlig moet wees en of ek pissed off moet wees nie. Ek het voorheen vertel van my soeke na nuwe, soos in wat ek nog nie na geluister het nie, maar nie noodwendig nuut op die mark nie, Afrikaanse Rock/contemporary musiek.

Donderdag aand let ek op Kalahari.net het my kredie kaart ge-reimburse vir die verlore CDs wat ek in Julie bestel het, maar steeds voor wag. Wat gaa aan? Ek was onder die indruk hulle gaan dit weer stuur. Alhoewel ek in my laaste email aan hulle gesê het: Gee my geld terug of probeer weer die CDs te stuur, het ek benadruk dat ek die CDs bo ‘n terugbetaling sal verkies. Hul laaste email het genoem dat hulle sal kyk na my saak maar ek het nooit weer van hulle gehoor nie.

Vrydag oggend dog ek toe, bogger dit en bel hulle. Vind uit wat de hel gaan aan! Miskien is ek gelukkig en ek vind ‘n warm liggaam aan die anderkant van die lyn wat net die nodigste belangstelling in haar/sy werk toon op ‘n Vrydag middag, wat my dalk kan help met die eerste probeerslag. No stonewalling or phone transfers.

En wragtig! Surprise, surprise! Die eerste persoon kon my binne ‘n minute vertel hoekom Kalahari.net my ‘n krediet gegee het in plaas daarvan om weer die CDs te stuur. Company Policy. Verlore aflewerings word gekanseleer en geld word terugbetaal. Gesê op ‘n mooi manier sodat ek kon verstaan Policy word met ‘n capital P gespel. Ek vra toe of hulle nog voorraad het van die CDs wat ek bestel het, en “ja” sê sy. Ek moet net weer deur die hele order process gaan. No problem. De Nada.

Nou’s die vraag hoe drasties is ek? Om te reorder is ‘n breeze, maar wil ek weer sit met die gesukkel as dit nie hier annkom nie. Moet ek ‘n donkie wees en my kop twee keer stamp? Ek het Dinsdag vir die donkie (Democratic Party) gestem en…maybe I should ride my luck. What luck? Of moet ek vir familie vra om die CDs vir my te koop en aan te stuur. Maar ek kan klaar sekerige gesigsuitdrukkinge sien; What a pain in the butt? Nee! Daardie paadjie is nie ‘n opsie nie. Of moet ek maar wag totdat ek weer eendag in Suid Afrika uitkom en dit self koop. Maar dit kan ‘n lang wag wees.



Terwyl ek nou sit en skryf en Fourplay my ore bestreel met hul funked-up jazz, het ek nog nie besluit of ek drasties genoeg is nie. En dit lyk ook nie asof ek baie opsies het nie. Tenminste, die Rand het heelwat verswak teenoor die Dollar en dit is voordelig vir my. Die hele transaksie sal nou goedkoper wees. But money can’t buy you love. ‘n Mens het mos ook maar behoeftes, dan nie?

Nee, dit lyk my ek sal maar weer moet bestel en hoop vir die beste. Wat ‘n palawa (spelling?) om net ‘n bietjie musiek in die hande te kry!

Monday, October 20, 2008

Die Lang Wag


12 weke! Dit is hoe lank ek nou al wag vir http://www.kalahari.net/ om my CDs te stuur.

In ‘n vorige pos het ek geskryf oor my soeke na nuwe Afrikaanse rock musiek. (Rock het nog nooit werklik goed vertaal na rots or ruk en roll toe nie.) Ek het uiteindelik ‘n paar CDs by kalahari.net gekry waarin ek belangstel (daar’s maar min om van te kies), meestal compilations van verskeie kustenaars, dit bestel, en toe begin die lang wag.

In Julie het hulle my laat weet my shipment is gestuur, maar dis was die laaste wat ek van hulle gehoor het. Twee emails later na hul customer care departement, op soek na die “geskeepte” CDs (ek kan sweer die Union Castle is nog steeds deel van hul supply chain) het ek uiteindelik iets vanaf hulle gehoor. Natuurlik het hulle eers verskonings probeer maak dat oorsese verskeeping nie traceable is nie, maar hulle het belowe om die CDs weer te pos sienende dat dit verlore is. Ek sal maar nog moet wag en sien of dit hier sal uitkom.

M stuur my biltong as sy gaan kuier in die Kaap en ek kry dit om en by 3 weke later. Soms nog voor sy terug vlieg. En in January het ek ook CDs gekoop by hulle en dit binne ‘n maand ontvang. Nee, ek dink M is reg. Dit het mootlik nooit die Poskantoor gehaal nie of dit het “verdwyn” in die Poskantoor “stelsel”. Blame the ghost workers.

Om te vertel wat ek bestel het is irrelevant; Dis soos om die vel te verkoop voor die bok geskiet is. As die CDs ooit eendag hier uitkom, en ek het daarna geluister, kan ek weer hieroor gesels. Intussen moet ek maar wag.

Friday, October 3, 2008

Einde Van Ons Bloed, Einde Van 'n Volk


einde van ons bloed
in die stilte van die heuwels
is die gekreun van brons ossewaens oorverdowend op die gemoed
ongefokus staar die oog en wonder
oor die vele stryde wat nog sou woed
was dit maar die begin
van die einde van ons bloed
skreuend en voetsleepend word ons meegesleur
deur die vallei van herinneringe soet
en gelos as slagoffers van ‘n edele stryd
wat binne woed and brand soos ‘n vulkaniese gloed
die landskap is stil en smeulend, swart gebrand
net hier en daar ‘n enkele kaal boom wat kla
daar is geen stem meer wat uitroep
ons vir jou suid afrika



Ek het vanoggend 'n damn goeie blog inskrywing gelees oor die "afgestorwe Afrikaner volk van Suid Afrika. En terwyl ek so gelees het, het ek weereens besef dat die geskiedenis van nasies maar net die gevolge is van 'n reeks besluite wat geneem word van geslag tot geslag. Die uitslag op die lange duur is soms niks anders as 'n simple twist of fate soos so goed beskryf deur Bob Dylan.



Thursday, August 7, 2008

Welcome to South Africa - Die Fokkel Song

Suid Afrika se ou grote, 'n leftover van die Voelvry beweging, Koos Kombuis se Fokkel liedjie.