Friday, May 27, 2011

Midweek Musical Muse XIV - Die Langpad, Christoph Kotze


Een stomende desemberaand in wellington
in breyen se huis
saam met jan en christoph

breyten se brief - jan blohm

en as ek vlug in die wind
word ek die donker se kind
en belydenis die bind my
met jou tangerine-roos tintelend.
word wakker, word wakker
met die news paper grappe
vat my ver weg van jou
en jazz cafe se omo
so wals my my lief
laat my in angels believe
ek het gesê jy is die son in breyten se brief
want hy maak ons huil maar jy maak my sien.

sunnyside se poems dryf my sweet sherry toe
het jy ‘n clue my baby blue
my rosie so true.
en as dors aan die tyd, sing die kaapse wind suid
kom lê in my arms, ek het als weggesmyt
maar wals my my lief
laat my in angels believe
ek het gesê jy is die son in breyten se brief
want hy maak ons huil maar jy maak my sien.

en ek skryf jou gedig
jakaranda in die reën
en die volmaan eers blinkend
sy’s happy jy’s nou clean.
laat my klim om die glimlag, helend wag
hierdie visions van jou
my venus se blouvrou
maar wals my my lief
laat my in angels believe
ek het gesê jy is die son in breyten se brief
want hy maak ons huil maar jy maak my sien.

so vlug vlug my kind
in die blou lug my kind
so vlug vlug my kind
in die blou lug my kind


1 comment:

Anonymous said...

Ek hou van die musiek! Het hulle vertoning in SA baie geniet!

Bib