Friday, December 11, 2015

Musical Muse: Afri-Frans


 
Toe ek diĆ© liedjie, Lucas Maree se Wat Sal Ek Doen Met ‘n Miljoen, gesing deur Myra Maud vanaf die Afri-Frans projek, vir die eerste keer gehoor het, seker so 5 jaar gelede, het ek gewonder, is dit ‘n uitbuiting of uitbouing van Afrikaans en Afrikaanse musiek.  As ‘n Quasi-Francophile (as dit kom by kos, wyn, literatuur, geskiedenis, landelike atmosfeer en algemene leefwyse) het die verwerkings onmiddelike inslag gemaak op my musikale tentakels.

Vandag besef ek, met die huidige dilemma van Afrikaans te midde die patetiese tentoonstelling van kulturele leierskap, of die afwesigheid daarvan, van die Universiteit van Stellenbosch se bestuur om Afrikaans as onderwystaal te probeer af gradeer vanaf ‘n unieke inheemse taal tot net nog ‘n slagoffer van die sogenaamde “gelykheid van kulture in Suid-Afrika”, dat Afrikaans allerhande tipe vriende benodig om vir sy bestaan te veg.

Na jare van Eurovision kompetisie se vertaalde liedjies wat tantieme die land uit laat vloei het, is dit ‘n verfrissende ommekeer en ‘n “werklike” erkenning van die gelykheid in taal en kultuur tussen Frans en Afrikaans.

Geniet!!! Profiter!!!