Friday, August 31, 2012

Die Ossewa


Uit die Hoofstraat van Pretoria
Op die grondpad na Orania
Diepste donker Afrika
Kom die psychadelic ossewa
Psychadelic ossewa.

 Psychadelic Ossewa - Thys Nywerheid, 2008

 
Toe M sê sy gaan haar nuwe ryding “Ossewa” noem het die bogenoemde lirieke onwillekeurig in my brein geflits. Psychadelic Ossewa is een van verskeie uitstekende liedjies op Thys Nywerheid se critically acclaimed debuut album van 2008, Husse Met Lang Messe.

 
Ossewa of te not, krediet moet gegee word aan die Toyota ingenieurs, want die bussie ry soos ‘n droom. ‘n Mens weet nie eens jy ry ‘n minivan nie, want dit ry soos ‘n sedan.

 
Hulle noem dit antropomorfisme, die praktyk om menslike eienskappe aan diere toe te ken, maar ook aan ander lewelose voorwerpe - soos jou motor byvoorbeeld. Motors mag tegnies lewelose wees, maar ons dink nie noodwendig aan hulle op daardie manier nie.

 
Waarom is dit dan dat mense hul motor ‘n naam gee, maar hulle sal nooit 'n naam gee aan hul yskas, sitkamerbank of TV-stel nie? Skepe kry name en vlieeniers gee name aan hul vliegtuie.

 
Die deskundiges het 'n paar teorieë: Motors kan beweeg wat hulle voorwerpe van animering (ek hoop dis die regte Afrikaanse woord?) maak. Mense dink motors is lewendig. Hulle doen hul banktransakties en koop hul drugs by die pharmacy in hulle motors, spandeer baie ure werk toe en terug in hul motors, verpersoonlik met “stuff” en gerieflik uitgelê vir die kos en drankies wat deur die drive-thru gekoop en geeet word oppad iewers heen terwyl ‘n DVD agter in blêr om kinders besig te hou. Vroee jare, en soms steeds, kyk mense movies in hul motors by die drive-in.

 
Hedendaagse motors, grootes of kleintjies is in een of ander form ‘n kantoor, sitkamer, eetkamer, slaapkamer en entertainment centre op wiele. Die huislike alternatief. Beweeglik en altyd gewillig om te gaan waar hulle bestuur word.   

 
Motors is ook 'n ding van trots vir baie mense. Sommige mense, ek gaan nie sê net mans nie, maar ek dink meestal mans, spandeer ‘n hele Saterdag, elke Saterdag om hul motors skoon te maak en te polish. Selfs al het die kar meestal die week in die garage gestaan. Elke Saterdag!

 
[Thank goodness I have a farm of baie ander dinge om te doen.]

 
Maar ‘n mens hoef nie whimsical, wacky of weird te wees om motors name te gee nie. ‘n Onlangse studie* van die National Car Parks in Brittanje het getoon dat 50% van Britte gee hul motors name. En in baie ander lande doen hulle dieselfde.

 
Ek was nog nooit ‘n motornaamgewer nie maar M het ons eerste motor “Knersus” gedoop. Die ou 1972 Datsun 120Y coupe het nie net ‘n ernstige wheel alignment problem gehad nie (daar was permanent ‘n spanner langs my sitplek vir vinnige herstel doeleindes), maar ook “natuurlike” air-conditioning en ‘n sitplek ruglening wat automaties en onwillekeurig  agteroor geval het in die lê posisie. (Wel ons was jonk en ongetroud…)

 
Op Chapman's Peak met Houtbaai in die agtergrond (2010)
 
Die “natuurlike” lugversorgingstelsel het ontstaan toe ons eendag op Chapman’s Peak Drive by ‘n uitkykpunt gestop het. Die wind waai mos maar altyd in daardie gedeelte van Kaapstad en toe M die deur oopgemaak het om uit te klim het die wind dit uit haar hand geruk en heeltemal omgebuig na die voorkant van die kar wat veroorsaak het dat die deur daarna ‘n permanente opening gehad het tussen die deurpaneel en die motor se bakwerk.

 
M het uit geklim, die petalje so bekyk, want die deur was nie meer waar dit altyd was nie en begin lag. Eers ‘n stop-start gegiggel wat oorgegaan het na ‘n maag-vashou, rondtrappende, in-sirkels-loop, ek-gaan-in-my-panty-piss tipe lag en sy kon nie ophou nie. Sy’s nie een wat die opportunity vir ‘n goeie lag laat verby gaan nie en moes iets snaaks gesien het in dié deur wat skielik sy binnegoed na buite gewys het en sy agterkant na voor gedraai het. Eers was ek…WTF…en toe teleurgesteld om te sien die enigste besitting wat ek toe gehad het wat meer as R500 werd was (maar ook net), het so pas die helfde van sy waarde verloor, en, omdat lag aansteeklik is, toe begin ek ook maar lag. M se sussie wat saam met ons was was nie geamuseerd nie. Ek kan onthou sy was briesend omdat M gelag oor ‘n “ernstige saak van skade.” Vandag nog lag ons oor dié episode.

  
Daar was nie dadelik geld vir regmaak nie en dit was in elk geval ook nie die moeite werd om te laat regmaak nie, en ons moes daarna maar altyd ‘n kombers in die motor gehou het om M se bene warm te hou want die Kaapse wintersweer kan geniepsig tussen ‘n motor se deur en bakwerk deur syfer veral as jy die verbysnellende pad van die binnekant van die motor af kon sien.

 
Dus, Knersus, want daar was altyd ‘n gekners op die tande of ons by ons bestemming sou uitkom al dan nie. 


 
‘n Paar maande later het ons Knersus met vallende sitplek en natural air-conditioning verrruil vir ‘n kanariegeel 1982 Toyota Carolla en dié het M dadelik “Geletjie” gedoop. Snaaks, geen van ons ander motors deur die jare het name gehad nie, behalwe M se Mazda Miata wat sy “Meisiekind” genoem het. Uhmmm, seker hoekom ek so baie daarvan gehou het om in die Maita te ry…   

 
Volgens bogenoemde studie is name van celebrities glo die gewildste, met Prins William en Lady Gaga onder die gewildstes. Ek ken nie juis Britse celebrities nie, maar nou wonder ek…is Naked Harry een van die gewilde name deesdae? 

* Lees die NCP se verslag hier.

Ossewa foto vanaf Sarie Marais.com