Wednesday, September 18, 2013

Midweek Musical Muse XX – Ou Kiekies Van Die Sewentigs



On a morning from a Bogart movie
In a country where they turn back time
You go strolling through the crowd like Peter Lorre
Contemplating a crime
She comes out of the sun in a silk dress running
Like a watercolour in the rain
Don't bother asking for explanations
She'll just tell you that she came
In the year of the cat.

 

Die jaar 2013 is die jaar van die slang in seker al die oosterse lande, maar as ek aan die sewentigjare dink, soos ek gister weer daaraan herinner is toe ek ‘n ou kiekie van my matriekklas op Facebook raak loop, dan hoor ek altyd Al Stewart se Year Of The Cat in my kop spin.

 
Die Sewentigs! Die dae van die kat-agtige Bowie en Cat Stevens. Die dae van Pienk Vlooie wat oor skape, honde en varke sing en die ontwaking van die Baas in die Weste. Die dae toe musiek nog ‘n siel gehad het en liedjies stories vertel het.

 
Baie van die oosterse lande volg die Sjinese diereriem na maar Vietnam is moontlik the enigste kultuur wat die kat in plaas van die konyn in hul diereriem het. Maar dit hang maar net af wie vir jou die storie van die oorprong van die Sjinese diereriem vertel.


Nietemin, is ou Al se meisie wie hy so besing in die lied van Vietnamese afkoms en gebore in die jaar van die kat of het die storie homself maar net afgespeel in 1975 toe dit die jaar van die kat was?  Wie sal ooit weet en dit maak tog ook nie eintlik saak nie. Al wat geld is die ritme vanaf die klavier, die goed beheerde guitar spel, die Springsteen-esque saksofoon, die unieke stem van Stewart en sy liefde vir ‘n goeie storie.

So, sonder enige verdere oponthoud, ‘n storie vanuit die pen van Al Stewart, oor vertel vanuit die skadu van die kremetart…