Friday, July 5, 2013

Midweek Musical Muse XVIII: The Divas



Was die 4th of July ‘n Dante’s tragedie van ‘n dag of ‘n bedekte seen? Die dag bedoel vir skiet, skop en donder van vuurwerke, bakgat backyard barbeques, sonskyn, hitte en humiditeit, met ander woorde, buitelewe, was alles behalwe. Van sonop (sonder enige son) tot sonsonder (nog steeds sonder enige sonskyn) was ons huis in ‘n groen woude-kokon omvou met ‘n grys kombers wat 5 duim reen gelek het. Maar dit het ons baie tyd gegee om met die huis se opknapping en vernuwing aan te ploeg. Wat ‘n slog? Are we there yet? Maar elke reenerige dag bring ons nader aan die einde…wel…die agterstoep is volgende. Hierdie jaar nog. Hierdie somer nog!


‘n Man kan mos nie lewe sonder ‘n lekker agterstoep nie. Waar braai ‘n mens dan tydens skielike donderstorms en bliksemstrale of as jy jouself oorreed dat dit nie te onaangenaam is om in die middel van die winter te braai as jou bier selfs vries in die sneeu op die gras? Waar luister en vertel en skep ‘n mens dan stories as jy uitkyk oor ‘n panoramiese landskapstoneel van weiding en woud en werfheining? Niks so lekker soos ‘n groot gemaklike huislike agterstoep nie.     


Gepraat van Independence Day…Die manne mag nou wel die gevegte en die oorlog gewen teen die Redcoats en vir die huidige nageslag en ander bewoners van dié kontinent  dié vakansie dag geskep het, maar gelukkig het hulle besluit om die sang aan die dames oor te laat.

Smeulend!!! Lady Marmalade.