Friday, October 3, 2008

Einde Van Ons Bloed, Einde Van 'n Volk


einde van ons bloed
in die stilte van die heuwels
is die gekreun van brons ossewaens oorverdowend op die gemoed
ongefokus staar die oog en wonder
oor die vele stryde wat nog sou woed
was dit maar die begin
van die einde van ons bloed
skreuend en voetsleepend word ons meegesleur
deur die vallei van herinneringe soet
en gelos as slagoffers van ‘n edele stryd
wat binne woed and brand soos ‘n vulkaniese gloed
die landskap is stil en smeulend, swart gebrand
net hier en daar ‘n enkele kaal boom wat kla
daar is geen stem meer wat uitroep
ons vir jou suid afrika



Ek het vanoggend 'n damn goeie blog inskrywing gelees oor die "afgestorwe Afrikaner volk van Suid Afrika. En terwyl ek so gelees het, het ek weereens besef dat die geskiedenis van nasies maar net die gevolge is van 'n reeks besluite wat geneem word van geslag tot geslag. Die uitslag op die lange duur is soms niks anders as 'n simple twist of fate soos so goed beskryf deur Bob Dylan.



1 comment:

Anonymous said...

Mooi en hartseer geskryf.
Dankie vir jou deelname en die skakel na my blog.