Monday, October 20, 2008

Die Lang Wag


12 weke! Dit is hoe lank ek nou al wag vir http://www.kalahari.net/ om my CDs te stuur.

In ‘n vorige pos het ek geskryf oor my soeke na nuwe Afrikaanse rock musiek. (Rock het nog nooit werklik goed vertaal na rots or ruk en roll toe nie.) Ek het uiteindelik ‘n paar CDs by kalahari.net gekry waarin ek belangstel (daar’s maar min om van te kies), meestal compilations van verskeie kustenaars, dit bestel, en toe begin die lang wag.

In Julie het hulle my laat weet my shipment is gestuur, maar dis was die laaste wat ek van hulle gehoor het. Twee emails later na hul customer care departement, op soek na die “geskeepte” CDs (ek kan sweer die Union Castle is nog steeds deel van hul supply chain) het ek uiteindelik iets vanaf hulle gehoor. Natuurlik het hulle eers verskonings probeer maak dat oorsese verskeeping nie traceable is nie, maar hulle het belowe om die CDs weer te pos sienende dat dit verlore is. Ek sal maar nog moet wag en sien of dit hier sal uitkom.

M stuur my biltong as sy gaan kuier in die Kaap en ek kry dit om en by 3 weke later. Soms nog voor sy terug vlieg. En in January het ek ook CDs gekoop by hulle en dit binne ‘n maand ontvang. Nee, ek dink M is reg. Dit het mootlik nooit die Poskantoor gehaal nie of dit het “verdwyn” in die Poskantoor “stelsel”. Blame the ghost workers.

Om te vertel wat ek bestel het is irrelevant; Dis soos om die vel te verkoop voor die bok geskiet is. As die CDs ooit eendag hier uitkom, en ek het daarna geluister, kan ek weer hieroor gesels. Intussen moet ek maar wag.

2 comments:

Anonymous said...

Ek hou duimvas! Daar is 'n hele paar skitterende CD's wat ek ook hoop om eersdags in die hande te kry. Maar ek dink ek moet dit maar persoonlik in SA gaan haal!

BluegrassBaobab said...

Stem saam, maar dis so damn ver om te ry na die musiekwinkel toe.