Friday, February 6, 2009

On An Evening In Roma


Hulle sê as jy gaan slaap dan werk die brein nog, maak hy konneksies of klaar dinge op. Wel, gisteraand het ek gaan slaap na my vorige pos met Anna Davel se liedjie vars in my geheue. Vanoggend toe ek wakker word toe besef ek hoekom “As jou hart reg klop” my so beindruk het en so maklik op my oor geval het. Ek het amper dieselfde ritme al baie voorheen gehoor.

Na ons besoek aan Italie het ek ‘n DVD gemaak van die vakansie en een van die liedjies wat ek gebruik het vir die soundtrack was Patrizio Buanne se “On an evening in Roma”. Daar is definitief ‘n losserige ritmiese ooreenkoms tussen die twee songs.

Luister hier na “On an evening in Roma”. Ongelukkig word embedment van die lied nie toegelaat nie.

Die gelyksoortigheid is amper so die een wat sommige mense probeer tref tussen Bobby McFerrin se “Don’t worry be happy” en 4 Non Blonds se “What’s Up”. Maar jy mooi luister en ‘n goeie verbeelding hê. Maar die “As jou hart reg klop”/”On an evening in Roma” se gelyksoortigheid is glad nie so sterk soos die huidige kontroversiele geval tussen Coldplay se “Viva la Vida” en Joe Satrianti se “If I could fly”.

The chorus is similar but not the same. (F minor vs. B minor chord progression and timing is also slightly different.)

Close, but no cigar.

Coldplay - Viva La Vida


Joe Satriani - If I Could Fly

1 comment:

Anonymous said...

Jy's reg, dit wil-wil dieselfde klink. Nogtans lekker om weer na Coldplay te luister. :-)