Was die 4th
of July ‘n Dante’s tragedie van ‘n dag of ‘n bedekte seen? Die dag bedoel
vir skiet, skop en donder
van vuurwerke, bakgat backyard barbeques, sonskyn, hitte en humiditeit, met ander woorde,
buitelewe, was alles behalwe. Van sonop (sonder enige son) tot sonsonder (nog
steeds sonder enige sonskyn) was ons huis in ‘n groen woude-kokon omvou met ‘n
grys kombers wat 5 duim reen gelek het. Maar dit het ons baie tyd gegee om met
die huis se opknapping en vernuwing aan te ploeg. Wat ‘n slog? Are we there
yet? Maar elke reenerige dag bring ons nader aan die einde…wel…die agterstoep is
volgende. Hierdie jaar nog. Hierdie somer nog!
‘n Man kan mos nie lewe sonder ‘n lekker agterstoep nie.
Waar braai ‘n mens dan tydens skielike donderstorms en bliksemstrale of as jy
jouself oorreed dat dit nie te onaangenaam is om in die middel van die winter te
braai as jou bier selfs vries in die sneeu op die gras? Waar luister en vertel
en skep ‘n mens dan stories as jy uitkyk oor ‘n panoramiese landskapstoneel van
weiding en woud en werfheining? Niks so lekker soos ‘n groot gemaklike huislike
agterstoep nie.
Gepraat van Independence Day…Die manne mag nou wel die gevegte en die oorlog gewen teen die Redcoats en vir die huidige nageslag en ander bewoners van dié kontinent dié vakansie dag geskep het, maar gelukkig het hulle besluit om die sang aan die dames oor te laat.
Smeulend!!! Lady Marmalade.