On a morning from a Bogart movie
In a country where they turn back time
You go strolling through the crowd like
Peter Lorre
Contemplating a crime
She comes out of the sun in a silk dress
running
Like a watercolour in the rain
Don't bother asking for explanations
She'll just tell you that she came
In the year of the cat.
Die jaar 2013 is die jaar van die slang in seker al die
oosterse lande, maar as ek aan die sewentigjare dink, soos ek gister weer
daaraan herinner is toe ek ‘n ou kiekie van my matriekklas op Facebook raak
loop, dan hoor ek altyd Al Stewart se Year
Of The Cat in my kop spin.
Die Sewentigs! Die dae van die kat-agtige Bowie en Cat
Stevens. Die dae van Pienk Vlooie wat oor skape, honde en varke sing en die
ontwaking van die Baas in die Weste. Die dae toe musiek nog ‘n siel gehad het
en liedjies stories vertel het.
Baie van die oosterse lande volg die Sjinese diereriem na
maar Vietnam is moontlik the enigste kultuur wat die kat in plaas van die konyn
in hul diereriem het. Maar dit hang maar net af wie vir jou die storie van die
oorprong van die Sjinese diereriem vertel.
Nietemin, is ou Al se meisie wie hy so besing in die lied
van Vietnamese afkoms en gebore in die jaar van die kat of het die storie
homself maar net afgespeel in 1975 toe dit die jaar van die kat was? Wie sal ooit weet en dit maak tog ook nie
eintlik saak nie. Al wat geld is die ritme vanaf die klavier, die goed beheerde
guitar spel, die Springsteen-esque saksofoon, die unieke stem van Stewart en sy
liefde vir ‘n goeie storie.
So, sonder enige verdere oponthoud, ‘n storie vanuit die
pen van Al Stewart, oor vertel vanuit die skadu van die kremetart…