Toe ek diĆ© liedjie, Lucas Maree se Wat Sal Ek Doen Met ‘n Miljoen, gesing deur Myra Maud vanaf die
Afri-Frans projek, vir die eerste keer gehoor het, seker so 5 jaar gelede,
het ek gewonder, is dit ‘n uitbuiting of uitbouing van Afrikaans en Afrikaanse
musiek. As ‘n Quasi-Francophile (as dit
kom by kos, wyn, literatuur, geskiedenis, landelike atmosfeer en algemene
leefwyse) het die verwerkings onmiddelike inslag gemaak op my musikale tentakels.
Vandag besef ek, met die huidige dilemma van Afrikaans te midde die patetiese tentoonstelling van kulturele leierskap, of die
afwesigheid daarvan, van die Universiteit van Stellenbosch se bestuur om Afrikaans
as onderwystaal te probeer af gradeer vanaf ‘n unieke inheemse taal tot net nog
‘n slagoffer van die sogenaamde “gelykheid van kulture in Suid-Afrika”, dat
Afrikaans allerhande tipe vriende benodig om vir sy bestaan te veg.
Na jare van Eurovision kompetisie se vertaalde liedjies wat tantieme
die land uit laat vloei het, is dit ‘n verfrissende ommekeer en ‘n “werklike” erkenning
van die gelykheid in taal en kultuur tussen Frans en Afrikaans.
Geniet!!! Profiter!!!
Geniet!!! Profiter!!!