Wednesday, December 4, 2013

Market Day in Gordes

 

We drove south east on the N7 from Avignon to Cavallion, but after crossing the A7, which runs south to Marseilles, we went east on the Route D’Apt, the D900 to Coustellet. I think it should be called the Perch Village Highway. North of the D900 the villages of L’isle-sur-la-Sorgue, Fontaine-de-Vaucluse, Gordes and Roussillon are easy accessible. Turn south from the D900 and the perched villages of Ménerbes and Bonnieux are not too far. Near Coustellet we turned north on the D15 to Gordes. If it’s Tuesday, it must be market day in Gordes.   
 

Along the way we stopped when I eyed this classical Romanesque-style chapel. Probably from the 12th or 13th century.

 
As we continued to climb into the foothills of the Monts de Vaucluse and made another turn in the road, the view opened up. On the right the valley stretched far into the hazy morning sunlight until it backed up against the Luberon Mountains. On the left, through cypresses and native shrubs, perched on a spur, Gordes. At the top, its centuries old castle next to the church, and down the slopes, its narrow alleys and stone houses cascade down like exquisite layers of lace over a flowing satin ballroom wedding gown.
 

The perfect French hilltop village.


I wondered for how many centuries they have held market day in the shadow of the Gordes castle. Typical French country, beret and all.
 
For nearly a thousand years, the castle has been standing sentinel supreme over the village. Thought to be built in the 11th century by Guillaume d'Agoult, one of the earliest ancestors of the powerful feudal family who ruled large parts of Provence, including Gordes. However, habitation goes back probably to about 6000 BC when flint was mined here. D'Agoult successors strengthened the castle in 1123 to make it a nobile castrum – a noble fortress, and one of the most well-known among the many nearby castles. It was further strengthened through the centuries and then mostly rebuilt between 1525 and 1541, parts in the Renaissance style, by Bertrand Simiane, the Marquis de Simiane, who was then the lord of the manor.



Quintessential Mediterranean - Olive, garlic, chillies...


Cured Meats.



While M continued to meander through the market I explored the outer edges of the market square.

 
That sure is the biggest wine bottle I have ever seen.  



It seemed that door and that entrance were there for ever.


Time to explore the village. Down we went.


It doesn’t really matter which way you go. The important thing is to get yourself lost. And that is exactly what happened. Here and there were natural openings on the side of a street to lookout over the valley; places to adjusts ones perspectives again. But around the next corner the tall stone walls and darker shadows engulfed the narrow uneven cobblestone alleys again.     

 
A feline sentinel high above street level.

 
Another on street level. Totally disinterrested in the tourists.

We eventually found ourselves on an opposite hillside of the village with excellent views of the village itself and the valley below.


 
This house was for sale. It came with a beautifully carved stone cross.
 
 

And this is why the villagers moved up the hill to be under the protection  of the castle. The view. Probably not for the beauty of it, but as a lookout and an early warning system. Warnings against feudal armies and religious zealots during the Wars of Religion in the 16th Century. Theview is not bad either.


 
Totally stoned.


We walked back to where our car was parked on the outskirts of the village and continued our journey through the valley towards Roussillon.

Friday, November 1, 2013

Proetyd - 2de Glasie


 
Na ‘n driegang middagmaal en 2 bottels wyn tussen die vyf toer lede, was die oë maar swaar, die ledemate lui en teen daardie tyd het die sonnetjie lekker gebak en die gat liggies begin stamp. Maar David, die ervare toerleier wat hy was, was seker gewoond daaraan, want oppad na ons volgende proekamer het hy gestop by Chateau Mont Redon, ‘n wynplaas sedert 1344, aan die voet van die koppie en ons toegelaat om die wingerd in te vaar en die dekades oue  geknolde en verwronge wingerd stamme en Châteauneuf-du-Pape se beroemde ronde klippe van nader te beloer.
 

 
 
Volgens David, en menige ander kenners is dit die einste “rivierklippe” wat saamwerk om Châteauneuf-du-Pape se gehalte wyne te maak. Bedags hou dit die grond relatief koel en beskerm dit die druif se wortels teen die hittige somers en snags verhit die verwarmde klippe die grond weer. Geologies gesproke is die rivierklippe daar gedeponeer deur gletsers aan die einde van die laaste ys-tydperk. Maar dis ‘n te ver draai en te lang storie om te gaan haal vir dié bloginskrywing.     

Alhoewel dit na oestyd was was was daar tog nog hier en daar druif aan die tak. Klein, goud geel korreltjies, goed-ryp en stroopsoet. Miskien Roussanne, miskien Grenache blanc, miskien Viognier?
 

Mededeelsaam met die druiwe.

Ons derde proekamer was Domaine de Beaurenard. Die wynplaas het ‘n lang geskiedenis van wynmakery. In 1695 het die Coulon familie die plaas Bois Renard gekoop. Dieselfde familie, 7 geslagte later, boer nog steeds daar. In die indrukwekkende ontvangslokaal is glasbottels met voorbeelde van die 13 druif kultivars wat gebruik kan word om ‘n Côtes du Rhône of 'n Châteauneuf-du-Pape wyn te maak. Na ‘n kort besoek aan die wynkelder onder die ontvangslokaal, was dit proetyd.
 
Ons het drie rooiwyne geproe: Die Beaurenard Châteauneuf-du-Pape en die Boisrenard Châteauneuf-du-Pape vanaf hul 80 akker plaas in die Châteauneuf-du-Pape vallei en hul Côtes du Rhône Villages 2009 vanaf die Rasteau area, in Vaucluse, waar die Coulon familie ook ‘n wynplaas het. Die Rasteau was bietjie swaar vir ‘n vroeg middag proeëry maar oor die algemeen was dit ‘n wyn van gemiddelde gehalte. Dieselfde kan egter nie gesê word van die twee Châteauneuf-du-Pape wyne nie. Albei was top gehalte, de qualité supérieure. veral die Boisrenard was uitstekend. Alhoewel vrugtig, swartbessies en pruime was toonaangewend, het dit komplekse karakter getoon met donker sjokolade en spesery nasmaak. Soos die Engelsman sou sê: This was good stuff.

 

Ons laaste wynlandgoed was ook vir my amper die lekkerste. Clos Saint Michel lê op die oorsponklike bodem van die Rhône Rivier valley, net suid van die dorpie en langs die D17 wat Châteauneuf-du-Pape met Sorgues and Avignon verbind. Die ontvangs en diens van die eienaars was aards, spontaan en ontspanne en hulle het ons werklik tuis laat voel. Met ons aankoms het Monsieur Mousset Sr. ‘n koeltetjie geniet in ‘n lêstoel in die skadu van ‘n boom neffens die opstal. Siesta-tyd! Een van die huidige wynmakers, Olivier Mousset het ook kom inloer in die proekamer, klere rooi gevlek en nat van kelderwerk. Ek het baie van hul wyne gehou. Baie swartvrug met heelwat lyf, sag en rollend in die middel, met ‘n peperige stert wat vir lang oomblikke draal op die palaat. Beesstertpotjiekoswyn.
 
 

 
Ek sou wat wou gee om ‘n paar bottels saam te vat huistoe, veral van Clos Saint Michel en Roger Sabon, maar die hoofdoel van die dag was om te proe. Tegnies was dit ook net nie moontlik vir ons om wyn die heelpad in ons tasse rond te sleep nie. En sienende dat ons nie mag wyn aanstuur na Kentucky toe nie, was dit ‘n ekspedisie vir die sintuie, die natuurlike prag van die vallei en die inname van ‘n stukkie Franse kultuur. 

 


 
Laat middag, na die terug ry na Avignon en ons ons au revoirs  gesê het vir ons mede wynvliee/kultuur-najagters en hulle die beste toegewens het met hul poging om na Aix-en-Provence te reis, het ons stadig terug gestap woonstel toe. Terwyl ons rustig kykinkopies gedoen het al met rue de la Republique langs het die huistoe-gaan skares rondom ons geskarrel. ‘n Man wat vinnig indraf by die boulangerie vir die verpligte vars broodjie vir aandete. Daar een met ‘n bottel wyn onder die arm. ‘n Groepie studente wat lukraaks van winkelventer tot winkelventer beweeg en ooo  and aaa.  Menigde wat net strak voor hul uitstaar, ‘n bestendige pas handhaaf en doelgerig hul pad oopvleg deur die aankomende massas na hul bestemming toe.

 

Ons was vroegaand weer tuis in ons woonstel wat uitgekyk het oor die Eglise St Pierre Kerk en die Pous se Paleis met ons voete op die gemak stoel se armleuning en ons vakansiegees verder ingesonke. Rustig. Later die aand het ek ‘n ligte maaltyd gemaak van groenslaai, donker olyfbrood, en skerp plaaslike kaas wat ons die vorige dag in Gondes gekoop het, en die laaste van ‘n bottel Beaumes-de-Venise gedrink, ‘n present van die woonsteleienaar, en een van die lekkerste wyne wat ek in Frankryk gedrink het.

 Au Revoir! Vive!

  
 

Ruïnes van die oorsponklike kasteel in Châteauneuf-du-Pape wat in 1940 deur die Duitse Magte opgeblaas is.