Thursday, August 27, 2009

Nietemin...

Dit is nie elke dag dat artieste en musikante, wat taal daagliks gebruik om emosie, woede, blydskap, liefde, haat, geskiedenis, phychedelic idees, drome, redenasie, evangelisme, en ander stories te verkoop, hul taal vereer in ‘n liedjie nie. Stef Bos en Amanda Strijdom (Strydom) het.

Stef Bos & Amanda Strijdom - De taal van mijn hart

Hier by ons en regtig orals oor Amerika is daar lokale radiostasies wat gewoonlik Klassieke Rock & Rock uitsaai. Afhangende van hoe jy Classic Rock definieer, sal jy by die een baie AC/DC, Led Zeppelin en ‘n horde van Amerikaanse “big hair bands” van die sewintigs en tagtiger jare hoor. By die ander een is Die Rollende Klippe (Rolling Stones), Elton John, Bruce Springsteen, The Eagles, en ‘n horde van Amerikaanse “big hair bands” van die sewintigs of tagtiger jare te hoor. Maar elke nou en dan dan adverteer stasie nommer twee: “We are not ashamed to play this on our radio station” en hulle trek weg met ‘n obskure nommer een van die verlede of iets “folksy” of “countryside.”

As ek soms met mede Suid Afrikaners oor musiek praat en ek bring die name Amanda Strydom of Coenie De Villiers op of selfs Emile Minnie dan kry ek so ‘n tweede kyk wat sê:

“Huh!...O ja…die kaberet sangers!”

Amanda Strydom - Stoom

(Ongelukkig is die video nie so goed soos die lied nie.)

Miskien is ek van ‘n vorige tydperk en De la Rey is eintlik ‘n karakter uit die geskiedenis boeke en nie so seer die naam van ‘n gewilde liedjie nie.

Nietemin, ek is nie skaam om te sê ek geniet Amanda en Coenie en selfs sekere van Emile se komposisies. Kaberet oftenot, wie het nou eintlik genres nodig? Dis die genot van die musiek wat tel.

Wel, genoeg gesê voordat ek hierdie bladsye verder bemes met woordelike misstof.
Emile Minnie - Susterliefde

3 comments:

Anonymous said...

Ek geniet Amanda en Stef se musiek geeweldig baie, of hulle nou saam sing of nie! Amanda se nuwe CD "Kerse teen die donker" is ongelooflik en daar is ook 'n stunning song saam met Stef Bos.

Anonymous said...

Ek kan maar net se: "Amen!"

BluegrassBaobab said...

Kaalvoetinireen, ek het gesien die CD is uit maar nog nie gaan luister nie.