Monday, January 18, 2010

'n Afrikaanse Sondag



Rainy Day At Tujagues by Alan Flattmann (giclee on paper)

Nadat ek laat oggend die rekenaar aangeskakel het, iTunes opgestart het, amper onwillekeurig Afrikaans as die genre gekies het, en die dobbelwiel van die lukraak knoppie in my brein gestop het by Coenie De Villiers se ”As” en daarna by Jan Blohm se “Laaste Wals”, het ek gewonder of dit een van daardie Afrikaanse dae gaan wees.


Die titelsnit vanaf Jan Blohm se 7 Jaar

Terwyl Jan so met Maria Magdalena gesels, wonder ek of hy al weer iets nuuts die lug laat sien het. Ek het lanklaas gekyk na wat nuut is op die Afrikaanse musiek front. Ek google toe maar en was aangenaam verras om te sien Jan Blohm het ’n nuwe CD uitgebring, 7 Jaar.

[Maar ek’t ook agtergekom ek is lekker agter die klip. Hy het dit al middel verlede uitgereik.]

Ek hou van Jan se musiek. Die subtiele licks van sy leierguitar, die realiteit van sy lirieke, en natuurlik, die blues. Hy het definitief die Afrikaanse Blues genre sy eie gemaak. Diep seun! Maar ek luister net nou en dan na hom. Anders begin hy te veel na Norah Jones klink. Too sad and depressing.

Na ‘n uur se gesoek om die 7 Jaar CD in sy geheel te kan aflaai het ek opgegee. Ek kan die CD koop op kalahari.net and Look&Listen, maar sien nêrens waar ek dit kan aflaai in mp3 formaat nie.

[As enige iemand weet waar ek dit kan aflaai, laat my asseblief weet.]

[Intussen het Karen Zoid oor gevat by Jan op iTunes.]

Die weer buite het ook seker bygedra tot daardie Afrikaanse gevoel. Na 2 weke van Noordpool weer omdat die noordelike halfrond se jetstreams ’n wobble gestrike het, soos wat dit soms gebeur, (ek het in Januarie 2008 daaroor geskryf) is dit vandag warmer, maar so ’n trieserige, grys Kaapse dag en die sagte deurdringende motreentjie laat sulke lang druppels teen die venters af hardloop. Dis ‘n dag vir sielskos.


Biltong

Boonop maak ons biltong hierdie naweek. Ons het dit nog nooit probeer self maak nie. As die lus daar was dan het ons dit altyd oor die net bestel . Die week het M besluit sy’s lus vir biltong en sy gaan dit self maak. En hoekom nie. Ek het al ’n paar keer probeer boerewors maak, nie altyd so suksesvol nie, maar ek try nog.

Ons maak die biltong in ’n elektriese verdroër wat gebruik word om jerky (Amerikaanse biltong) te maak of om vrugte droog te maak, en wat ons al baie jare het en al gebruik het om natterige bees biltong (gewoonlik daardie lugloosverpakkende pakkies) droog te maak. Sy het Internet ingevaar en soos dit gebeur met tradisionele respte, het almal verskille bestandele en metodes. Sy het die week menige bestudeer en toe besluit om verskeie bestandele van verskeie resepte saam te flans om die smaak te kry waaraan ons gewoond is.

[Kan jy glo daar is biltong resepte sonder koljander?]



Wag, ek moet gaan kos maak. Ete vanaand is ’n Spaanse affair, my gunsteling, seekos paella. Dis eintlik ’n internasionale affair, met die flounder en tuna van waar hulle ook al flounder en tuna vang, swart mossels vanaf Chile, reuse garnale vanaf die Meksikaanse Golf, Italiaanse rys en die belangrikste, speserye van Spanje. En die wyn, onkonvensioneel, ’n Robert Mondavi Pinot Noir vanaf California. Dis net ek wat vanaand drink en ek het nie ‘n witte nodig om seekos te verbeter nie. ’n Rooie doen net so ’n goeie jobbie terwyl ek kook en gedurende die ete.

Wat meer wil ’n mens hê op ’n Afrikaanse Sondag. Goeie musiek en ’n wêreld reis in jou eie kombuis.

4 comments:

Anonymous said...

Daai biltong lyk nou baie lekker! Hoop julle behaal sukses met die maak van jul eie! Ek sal ook JB se nuwe CD wil aflaai, maar weet ook nie waar nie, sal maar hier dophou ingeval iemand weet ;-)

Anonymous said...

Lekker, man! Daardie Paella.....mmmmmmm.

Die Koreane het ook hierdie Beef Jerkey verskoning vir biltong van die Amerikaners ge-erf. Af en toe, as die lus te veel raak, dan kou ek maar so bietjie (langtand) daaraan en gebruik my verbeelding.

Biltong sonder koljander? :shock:

BluegrassBaobab said...

Kaalvoet, die biltong het nogal goed uitgekom vir 'n eerste probeerslag. Balans van die speserye moet aan gewerk word maar net 'n bietjie.

BluegrassBaobab said...

BiB, ek's ook nie 'n jerky mens nie. Te taai and spicy. Dis darem nie biltong nie.