Tuesday, April 20, 2010

Nuwe Toevoeging Tot Die Familie

Om 7.54 vm vanoggend het die familie hier in Amerika ’n nuwe toevoeging gehad om die familienaam voort te dra. Genaamd Ian, die kleinseun het in geweeg teen 7.10 lb / 3.2 kg.

Hulle sê, ek is tans in Mexico, hy lyk glo nes die pa en oupa (net meer hare), maar dit moet seker maar die familie gelaatstrekke wees wat deur slaan. Ek self kon nog nooit die kuns aanleer om babas met grootmense se gelaatstrekke te vergelyk nie. Babas is babas. Almal lyk min of meer dieselfde.

Nietemin, Welkom Ian.

[Oupa sal hom moet leer om 'n liefde te ontwikkel vir rugby...maar net kyk...die gespeel daarvan laat te veel arthritis gebeendere as 'n legacy.]

Het sekerlik meer hare as ek.

Ousus Marley kyk verwonderend na die nuwe boetie.
Haar middagete in die agtergrond is totaal en al vergete. 
(Sy het glo vroeer die week vir Ouma gesê sy het twee nuwe “blothers”...Baby Ian and baby blother)

3 comments:

Anonymous said...

Baie geluk!

BoerinBallingskap said...

Ditto! Baie geluk! 8)

BluegrassBaobab said...

Dankie vir die gelukwense. Hy is heel oulik. A real grunter maar stroopsoet.