Monday, January 24, 2011

Die Gestowe Oor Aandete


Buite lê die sneeu nog sentimeters dik. Die wit kak soos iemand dit onlangs genoem het. Gelukkig gaan ons soms ‘n bietjie son sien vandag. Dis touch and go vir moontlik meer sneeu. Dis altyd lekkerder om die wereld te sien met son-geraakte, geel-getinte brille in plaas van daai two-tone, grys en wit, dae.
Ek doen nie vaal nie!

Skaap stowe vleis is uit die vrieskas gehaal vir aandete. Wat sal ek tog daarmee maak? Vir die gewoonlike verdagtes, tamatiebredie of groenbootjiebredie is ek nie lus nie. Waterblommetjies is soos die weer daar buite, ‘n gevriesde droom. Nog minder is ek lus vir skaapkerrie of ‘n Franse Ragout D'Agneau of ‘n Daube d’Agneau van Aix-en-Provence en vir ‘n Toskaanse Agnello Stufato met wit bootjies sien ek nie kans nie. Miskien is ek net vol kak. Gooi die damn vleis in ‘n pot, moer groete by en wha lah. Dien bo-op instant rice. Done. Duh, waarvoor wag jy?

Winter wek mos altyd die drang op vir stadigkokende geregte wat dan verslind word saam met rooiwyn by die kaggel. Ek sal maar tevrede moet wees met central heating. How romantic?

‘n Turkse Lamb Ankara klink lekker, maar Griekse yogurt en rooi wyn gaan nie goed saam nie. Maar dan weer, ek drink rooiwyn saam met enige iets. En ek het nog daardie bottel Rondolino in die wynkoelkas. Die Vernaccia Di San Gimignano versnitting sal miskien…vergeet dit. Yogurt is een van daardie problem kosse as dit kom by wyn. Dit gaan saam met amper niks nie behalwe ‘n Griekse Retsina, daardie witwyn wat met Denneboom harpuis ge-infuse word. Bless their Greek souls, hulle het eeue van trail and error agter die blad om te weet watter wyn goed gaan saam met hulle baie kosse wat yogurt bevat. Ek gaan ook maar wegbly van die harpuis af. Kan nie dink dis lekker nie. Die Turke gee natuurlik glad nie om vir wyn nie, want meeste van hulle is Moslems wat nie mag or wil drink nie.

Laat my dink aan ‘n situasie toe iemand onlangs ‘n Suid Afrikaanse braai wou reël vir 11 uur op ‘n Saterdag oggend op ‘n plek waar daar nie drank toegelaat word nie. Niemand het belangstelling getoon nie. Doodse stilte. Almal het net by hulself gesit en wonder…
Iemand anders het gesê “Dis te vroeg en die mense wil drink by ‘n vleis gebraaiery.”
“Maar hoekom moét hulle drink?” druk die voorsteller heel verbaas uit.
Stel jou voor: Suid Afrikaners, ‘n braaivleis, geen drank…doodse stilte…klink soos ‘n begrafnis…seker vir skaapie wat gebraai word.

In elk geval moet ek miskien wegbly van die yogurt af. Gekookte melk produkte, yogurt, room, etc. is geneig om ‘n mens te laat voel jy’s opgeblaas en ek sit reeds met ‘n klomp steke in my maag. Na só ‘n ete sal ek my moet anker aan ‘n rusbank anders styg ek dalk op.
Imagine, maag staan doér, opgeblaas soos ‘n lugballon, daar vlieg ekke in my lay-z-boy, dun haartjies wapper in die wind, wil iets skreeu maar my stem klink helium-gevul soos Peter De Villiers, en Pink Floyd se Pigs on The Wing blêr in my ore. A sight to behold.

Op die ou end het ek my gat gelig en gaan kyk wat ons in die spens het. Dit help tog nie ek sit hier voor die rekenaar en wonder wat om te maak terwyl ek nie weet wat ons het nie. Ek maak myself net honger.

 And the honor to be tonight’s dinner goes to…Drum roll please…

‘n Maroccan Tagine met lemoessap, gedroogde appelkose en pruime, en my weergawe van die bekende Marokkaanse kruiemengsel, Ras El Hanout. Die stowegereg gaan ek op dis saam met ‘n mengsel van wit, bruin, wilde en rooi Texmati rys, maar couscous of gewone wit rys is net so goed. ‘n Dik sny lekker tuisgebakte brood om al die souse mee op te vee sal net so goed werk. Miskien beter!

En die wyn? What do you drink with Maroccan food? Eerstens, die Marokkaners drink nie alkohol nie (sommige miskien skelmpies) so daar is nie juis ‘n tradisionele wyn wat goed saam met hul kos gaan nie. Tweedens, gaan die kos ‘n unieke, kontrasterende, maar geurige smaak van vrugte, suur, soet en kruierig wees. (Nes daai movie It's Complicated.) ‘n Riesling of ‘n a Gewurtztraminer kom dadelik by my op. Maar ek het geen daarvan tans in my wynrak nie en ek is nie lus vir ‘n witte nie. ‘n Fruity Zinfandel kan dalk werk maar die St Francis Zinfandel wat ek in die wynrak het gaan te bold wees. (Sien ook ‘n vorige artikel wat ek oor St Francis geskryf het.) Omdat ek tans geen Amerikaanse Pinot Noir of enige Beaujolais in die huis het nie, (enige een van daardie twee sou goed gepair het) het my keuse geval op ‘n Château de Ségriès 2008 Cotes-du-Rhône, ‘n wyn waaroor ek ook onlangs geskryf het. Dis ‘n lekker ligte en maklike drink wyn wat al die eienskappe van ‘n Cotes-du-Rhône het sonder die sterk pepperige nasmaak, en wat ek dink sal goed gaan saam met die Tagine. Gewoonlik is ek mal oor die pepperige smaak van Cotes-du-Rhônes, maar nie vanaand nie. Nie saam met die Tagine nie.

Bon Appetite!

Follow up:  The dish tasted as planned, very fruity with lots of complicated flavors and not spicy at all. If you want spicy then add a touch of cayenne pepper to the spice mix. Although the Château de Ségriès 2008 Cotes-du-Rhône paired well with the Tagine, I think an American Pinot Noir or a French Beaujolais will be even better.

Hier is my weergawe van dié tradisionele gereg.

Maroccan Tagine (lamb stew) – Marokkaanse Lamsgereg

Preparation time: What’s the urgency?

Cooking time: 1 hour 30 minutes, of so lank as wat jy drinktyd wil hê.

Ingredients:

3 tablespoons olive oil
2 lbs / 1 kg lean lamb, diced
Flour to coat the meat
1 cup orange juice
14 fl oz / 1½ cup chicken or beef stock
1 medium onion, chopped
4 oz / 100 g pitted prunes
4 oz / 100 g dried apricots
2 tablespoons tomato paste
3 teaspoons Ras El Hanout spice blend
Salt and pepper to taste
½ cup fresh cilantro leaves, chopped

For the Ras El Hanout spice blend

¾ teaspoon ground garlic
½ teaspoon ground cumin
½ teaspoon ground ginger
½ teaspoon paprika
¼ teaspoon ground coriander
¼ teaspoon ground turmeric
¼ teaspoon ground cinnamon
¼ teaspoon ground allspice
¼ teaspoon ground nutmeg
¼ teaspoon salt
¼ teaspoon black pepper

Mix all the spices together. It seems a lot but its only about 3 teaspoons of spices. 

Preparation:

  1. Put all the ingredients for the spice blend together.
  2. Season the meat with salt and pepper, and then coat with the flour.
  3. Heat the oil on a medium heat in a large, heavy-bottomed saucepan. Add half the meat and cook until brown. Remove from the pan and place on kitchen towel or plate, and cook the rest of the meat. Set aside.
  4. Add a little more oil and sauté the onions until translucent.
  5. Put all the meat back in the pan with the onion, add all the other ingredients.
  6. Bring gently to the boil, lower the heat and simmer with the lid on for about 1½ hours or until the meat is tender. Stir often to prevent it burning on at the bottom. With all the fruits and flour this can easily happen.
  7. Garnish with the cilantro when you dish up.

4 comments:

Marette Irwin said...

Ek is sooo honger nadat ek jou artikel gelees het! En ek is ook op 'n dieet:

My resep vir hummus:

2 blikke chick peas
1 eetlepel suurlemoensap
1 teelepel cumin
vars knoffel

Meng alles in 'n blender en eet saam met falafel of crackers. Dit het min calories!

Anonymous said...

As dit nie was dat ek sopas ge-eet het nie, was ek nou bitter honger! Lyk en klink baie lekker. Maar hoe kan jy oorleef sonder 'n Pinot in die huis ;).

Bib

BluegrassBaobab said...

Boer, ek het net nie Amerikaanse Pinot in die huis nie. Ek het 'n Muratie en van Burgundy, wat seker goed sou gewerk het. Die Muratie ken ek glad nie. Het dit nou as 'n present gekry in SA.

BluegrassBaobab said...

Marette, Dankie vir die hummus resep.