Friday, January 18, 2013

Chambord en die Ladies' Man

Soos die Eiffel Toring ‘n ikoon van Parys is, so is die Kasteel van Chambord ‘n ikoon van Frankryk. Nie net word die kasteel gebruik om vroeë Franse Renaissance argietektuur ten toon te stel nie, maar dit word ook op verskeie maniere gebruik om Frankryk te bemark. Dis sekerlik een van die mees herkenbare geboue in die wêreld.
 
Die sentrale stel trappe, op die grond vloer.
 
Die kasteel se wonderlike argitektuur is ‘n samestelling van Italiaanse idees en Franse tradisionele boustyle.  In 1519 het François I, Koning van Frankryk, wat ook ‘n groot ondersteuner was van die kunste en letterkunde, opdrag gegee om met die bouery van die kasteel van Chambord te begin. Hy het nie net Chambord gebou nie, maar ook uitbreidings gemaak aan die kastele van Amboise en Boise. Hy het ook die Kastele van Louvre en Fontainebleau heeltemal herbou.

Maar François was nie net ‘n do-gooder vir die kunste nie. Hy was ook ‘n ladies' man en het ook nie omgegee wie hy uit die pad vee of wie se kop rol om sy eie geluk na te jaag nie. Hy was in sekere opsigte baie soos sy tydsgenoot, Henry VIII van Engeland. Sy ma, Louise van Savoy, en suster, Marguerite D’Angoulême het ‘n groot rol in sy lewe gespeel. Terloops, in 1502 het haar ma geprobeer om Marguerite te trou met Prins Henry van Engeland, die einste Henry VIII – Mensig was sy gelukkig daardie paring het nooit tot regte gekom nie. Daarna was sy groot liefde sy Petite Bande, ‘n groepie getroue en soms getroude hofdames, onder andere sy eerste minnares Françoise de Foix, Comtessa de Châteaubriant, sy tweede minnares Anne de Pisseleu D'Heilly, en later sy skoondogter, Catherine De Medici, wat altyd aan sy sy was.


 
François I van Frankryk en die vrouens in sy lewe.
(Francois I geskilder deur Mark Satchwill)
 
En alhoewel François menige verneuk het om geld in die hande te kry vir al sy bouery en veldtogte, onder andere die ryk Charles De Montpensier, Duke van Bourbon, het hy in 1525 tot sy laagste vlak gedaal nadat hy gevange geneem is deur Charles V van Spanje na ‘n geveg buite Milan, Italie. Om vrygelaat te word het François ingestem om baie skulde terug te betaal en as ‘n teken van goedgesingheid sy twee seuns, Henry (op daardie stadium slegs 7 jaar oud) en François (nog jonger), opgeoffer totdat die skulde betaal is. Maar nadat hy in Februarie 1526 in Parys aangekom het, het hy geweier om enige geld terug te betaal en die seuns was toe vir 4 jaar lank in ‘n Spaanse “tronk” aangehou. Hulle sou eers in 1529 vrygelaat word toe die Franse finaal uit Italie geskop is. As verdere straf en vernedering het Charles V daarop aangedring dat François met Charles se weduwee-suster, Eleanor van Oostenryk, trou.  

Die Koning se slaapkamer.

Maar François I het nooit die voltooiing van die Chambord beleef nie. Na sy dood in 1547 het sy opvolger, Henry II die kapel voltooi, maar die kasteel is vandag nog tot ‘n mate onvoltooid.

 
Madam Elizabeth, suster van Louis XVI. Beide was doodgemaak gedurende die
Franse Revolusie en 'n jong Louis XIV, die Son Koning.

Chambord is massief en die grootste kasteel in die Loire vallei met meer as 400 vertrekke, amper 300 kaggels en 84 stelle trappe. En om te dink die plek is gebou om te dien as ‘n verblyf plek, 'n hunting lodge, gedurende François se jagtogte.

1 comment:

Anonymous said...

appartement à louer à moscou No 1: An apartment is cheaper than a hotel suite The apartments have the most important advantage over the hotels. It is the price certainly. The rent cost of the appartements à moscou