Thursday, August 9, 2007

Afrikaans op sy Beste

Gesegdes
· Oop bek soos n gaar vis!
· Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!
· Hy is so maer, hy lyk soos 'n potlood met 'n handbriek.
· Ek is nou so opgewonde soos ìn budgie op steroids !
· Ek was gisteraand so dronk, toe ek vanoggend wakker word hang ek oor die stoel en my klere lê in die bed.
· Ek is nou so lus vir ìn Rennie ek eet sommer ìn pastei.
· Jy's so skeel jy kyk jouself diep in die oë!
· Van sit of staan bly lê die lekkerste.
· Hy ìs so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.
· Hy ìs so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.
· Hy is so maer, as hy langs n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat beweeg!
· 'n Mens hoef nie soos n plank te lyk om gespyker te word nie.
· Hy is so skelm, hy bid onder n skuilnaam.
· Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.
· Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.
· "Lang gesig soos ìn bok wat afdraand vreet."
· "Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie."
· "Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in."
· "Ek is nou so lui ek trou sommer ìn pregnant vrou."
· "Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het."
· "Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan."
· "Ek is so de bl*ks*m in, ek soen sommer 'n pofadder oopbek"
· "My vrou is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap."
· "Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur 'n vliegtuigmotor ingesuig nie."
· "Die mens is op aarde geplaas om ìn sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie."
· "Ons kannie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap."
· "Ek haat mense wat honde aanhou. Hulle is ìn klomp sissies wat nie genoeg guts het om iemand self te byt nie."
· "Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het."
· "Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!"
· "As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag."
· "As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy 'n reis nodig."
· "Hy is so skeef soos 'n wasklip."


Engels na Afrikaans vertaalde woorde nie in 'n woordeboek /
English to Afrikaans translations not in a dictionary


Asshole: drolknipper
Backup Singers: koerhoere
Bimbo: sjokoladepoppie
Blind date: moljol, steekproef, willevangs
Blond moment: brein-pouse
Burp: nekpoep, voorkots

Cleavage: tietsloot, borsboude, melkweg
Clitoris: hallelujapielietjie
Condom: trilskil, latjas, saadsokkie
Rum & coke or Brandy & coke: intelligensiemengsel
Fart: holhoes, holtoeter
Foreplay: fyndraaifanfare

HIV: lang verkoue, kiskoors
Impotence: stingelstres
Lesbian: klitsgrassussie, koekielekker
Diarrhoea: barsblerts, drupdrol, spuitpoep

Maltese poodle: stoepkakkertjie
Masturbation: skynspyker, mielierol, handsaag, latstreel, handromanse
Maternity nurse: koeksuster
Menstruation: kalenderpes of steekweerder
Moustache: doosbek, dwarsdoos, lipmatras

Orgy: familiekielie, groepswoeps, klomppomp
Penis: familiekierie, saadstok, snotsambok
Pimp: hoerboer
Sperm: balbotter, doosgom, koekvla
Stripper: wysmuis, voël frustreerder, koekie so uit die broekie
Swingers club: skoppelnaai
Toilet: porselein skoeter, poepketel
Touch rugby: sussierugby

Toyboy: vroetel varkie, koekjoggie, pompjoggie
Toyi-toyi: vakbondvastrap, williewerkiewals
Vagina: buffelsnoet, snormossel, middeldeurtert, genotsgrot, gleuf-diertjie, baardpadda, baardpastei, bosmossel Vibrator: kombrommer, skommelstok, wikkel wortel
Winebag: chateau de cardboard
Whorehouse: pompstasie
(vergader van orals vanaf die web)

SPIETKOP
‘n Ou ry te vinnig en 'n spietkop trek hom af.Toe hy sy venster oopdraai, haak die spietkop af en gee hom 'n moerse klap.

Bestuurder (Verboureerd): Waarvoor was dit?

Spietkop: As ek jou stop en jy maak jou venster oop, moet joubestuurslisensie reeds in jou hand wees! Moenie my tyd mors nie!Die spietkop loop om die motor en klop by die passasier se venster. Die bestuurder se pel draai sy venster af en WHAP, klap die Spietkop hom ook.

Passasier (Verskrik): Hei, ek bestuur nie, waarvoor is dit?

Spietkop: Ek het gou jou wens vervul...

Passasier: Watter wens is dit nogal?

Spietkop: Sodra julle hier weg ry en voor jy en jou tjommie oor die eerstebult was, sou jy vir hom gesê het "Hy moes daai kak met MY getraai het..."

Hoekom mans beter vriende het as dames

Vrienskap tussen Dames
‘n Vrou het een aand nie huistoe gekom nie. Die volgende dag vertel sy haar man dat sy by een van haar vriendinne oorgeslaap het. Haar man bel toe haar 10 beste vriendinne en almal het gese hulle weet niks daarvan nie.
Vrienskap tussen Mans
‘n Man het een aand nie huistoe gekom nie. Die volgende dag vertel hy sy vrou dat hy by een van sy vriende oorgeslaap het. Haar vrou bel toe sy 10 beste vriende. Agt het bevestig hy het daar oorgeslaap and twee het beweer hy is nog steeds daar.

No comments: