Thursday, August 9, 2007

F.W. De Klerk: Eerbare plekkie in die Geskiedenis of nie?

Alhoewel politiek een van my belangstellings is en ek kan kwyl oor dit soos 'n lekker stukkie gebraaide skaaptjoppie of 'n skeppie Malva pudding met room op, skryf ek nie juis baie daaroor nie.

Wow! So ‘n klein stormpie in 'n teekoppie het in the blog wereld uitgebreek omdat oud-president F.W. de Klerk beweer het daar is mense wat sy geregmatige plekkie in die son, of soos dit rapporteer was in the Volksblad, hom wil ontneem van sy eerbare plek in geskiedenis. Dat hy 'n plek het in the geskiedenis van Suid Afrika and die Afrikaner het is ongetyfeld, maar moet ons daardie plek beskou as eerbaar?

Ek wil nie eintlik ou koeie uit die sloot grawe nie, want wat verby is is verby, maar toe ek gaan stem het in 1992 in die referendum om die regering 'n mandaat te gee om met die ANC te onderhandel oor 'n nuwe bedeling, is daar vir ons belowe dat the regering sal terug kom na die volk voordat enige permanente beslising geneem sou word. Daar is nooit na die volk teruggegaan nie. Die bewering is dat die 70% “Ja” stem in die referendum genoeg van 'n mandaat was vir De Klerk om boedel oor te gee en sy volk te verkoop sonder enige verdere konsultasie van die volk.

Ek het nog altyd gewonder hoekom daar nooit 'n groot bohaai opgeskop is daardie tyd oor die feit dat daar nie weer 'n referendum gehou is nie. Miskien was daar 'n bohaai en ek het dit net gemis, maar ek weet daar was nie nog 'n referendum nie. En vanwee daardie stap dat geen referendum weer gehou is nie, bly De Klerk, Roelf Meyer en die ander bendelede leuenaars in my oe, en daarom geen ereplek in geskiedenis nie. Dit het ook al my geloof in 'n nuwe bedeling uitgeroei.

Gaan lees ook gerus wat skryf Jeanette Koekemoer van De Klerk in haar artikel “De Klerk en verraaiers moet wortel en tak uitgeroei word” op www.praag.org. Terloops, sy het ook ‘n interessante artikel geskryf oor blankes se skuldgevoel oor hul blankeskap.

Terwyl Kuifkop op
www.bosparra.com vra dat FW asseblief moet vertel wat gebeur het met al die moorde wat plaasgevind het tydens sy bewind. Het FW die goedkeuring gegee? Afterall, hy was lid van die Veiligheidskommittee vanaf 1982 tot 1994. Lees hier.

Eerbare or nie eerbare plek in geskiedenis? Soos met al hierdie soort dinge sal die tyd ons leer hoe hy onthou word.

No comments: