Saturday, November 8, 2008

Die Lang Wag Is Oor...Of Is Dit?



Die lang wag is oor…of is dit? Ek is nie seker of ek verlig moet wees en of ek pissed off moet wees nie. Ek het voorheen vertel van my soeke na nuwe, soos in wat ek nog nie na geluister het nie, maar nie noodwendig nuut op die mark nie, Afrikaanse Rock/contemporary musiek.

Donderdag aand let ek op Kalahari.net het my kredie kaart ge-reimburse vir die verlore CDs wat ek in Julie bestel het, maar steeds voor wag. Wat gaa aan? Ek was onder die indruk hulle gaan dit weer stuur. Alhoewel ek in my laaste email aan hulle gesê het: Gee my geld terug of probeer weer die CDs te stuur, het ek benadruk dat ek die CDs bo ‘n terugbetaling sal verkies. Hul laaste email het genoem dat hulle sal kyk na my saak maar ek het nooit weer van hulle gehoor nie.

Vrydag oggend dog ek toe, bogger dit en bel hulle. Vind uit wat de hel gaan aan! Miskien is ek gelukkig en ek vind ‘n warm liggaam aan die anderkant van die lyn wat net die nodigste belangstelling in haar/sy werk toon op ‘n Vrydag middag, wat my dalk kan help met die eerste probeerslag. No stonewalling or phone transfers.

En wragtig! Surprise, surprise! Die eerste persoon kon my binne ‘n minute vertel hoekom Kalahari.net my ‘n krediet gegee het in plaas daarvan om weer die CDs te stuur. Company Policy. Verlore aflewerings word gekanseleer en geld word terugbetaal. Gesê op ‘n mooi manier sodat ek kon verstaan Policy word met ‘n capital P gespel. Ek vra toe of hulle nog voorraad het van die CDs wat ek bestel het, en “ja” sê sy. Ek moet net weer deur die hele order process gaan. No problem. De Nada.

Nou’s die vraag hoe drasties is ek? Om te reorder is ‘n breeze, maar wil ek weer sit met die gesukkel as dit nie hier annkom nie. Moet ek ‘n donkie wees en my kop twee keer stamp? Ek het Dinsdag vir die donkie (Democratic Party) gestem en…maybe I should ride my luck. What luck? Of moet ek vir familie vra om die CDs vir my te koop en aan te stuur. Maar ek kan klaar sekerige gesigsuitdrukkinge sien; What a pain in the butt? Nee! Daardie paadjie is nie ‘n opsie nie. Of moet ek maar wag totdat ek weer eendag in Suid Afrika uitkom en dit self koop. Maar dit kan ‘n lang wag wees.



Terwyl ek nou sit en skryf en Fourplay my ore bestreel met hul funked-up jazz, het ek nog nie besluit of ek drasties genoeg is nie. En dit lyk ook nie asof ek baie opsies het nie. Tenminste, die Rand het heelwat verswak teenoor die Dollar en dit is voordelig vir my. Die hele transaksie sal nou goedkoper wees. But money can’t buy you love. ‘n Mens het mos ook maar behoeftes, dan nie?

Nee, dit lyk my ek sal maar weer moet bestel en hoop vir die beste. Wat ‘n palawa (spelling?) om net ‘n bietjie musiek in die hande te kry!

3 comments:

Anonymous said...

Ai, hoekom moet skynbaar eenvoudige en voor die handliggende goed soms so 'n operasie wees. Hoop jy kom reg!

Anonymous said...

Interessant die Koreaanse onderskrif aan die begin van die video.

Anonymous said...

'n mens kan mos 'n plan maak om dit daar te kry op 'n meer persoonlike basis. soos pos dit sonder die plastiek boksies om dit minder voor die handligend te maak van wat daar in is. vra jou vrou om vir lynette te kontak. jjvr.