Wednesday, March 24, 2010

Midweek Musical Muse V - Musiek Tussen Die Spore

Elke land of taalgroup het sy veelsydige artieste. Mense was uitblink in verskeie kunsvorms soos sing, dans, teater, film, televisie, ensovoorts. Om ’n lewe daaruit te maak hang partykeer af van die aantal mense wat die taal praat en verstaan of die land se bevolkingsgroote.

[Hoe groter die taalgroup hoe groter die kans op sukses?]

Om ’n bestaan te kan maak in Suid Afrika as ’n kustenaar in Afrikaans was nog altyd meer van ’n liefdessaak as ’n hoogs kommersieele nastrewing. Afrikaans is ‘n klein taaltjie in vergelyking met Engels of Spaans. Dis waarom veelsydigheid amper ’n vereiste is om brood op die tafel te sit. Nie dat almal arm is nie, maar geen kan kan met Cher vergelyk word, wat kommersieel hoogs suksesvol is en met ‘n Academy Award (Oscar), ‘n Grammy, ‘n Emmy en drie Golden Globe Awards en vele ander toekennings kan spog. Daardie tipe wereld wye ster status van veelsydigheid te same met kommersieele sukses is raar.

Ek weet nie wat se kommersieele sukses Richard van der Westhuizen behaal het nie, maar ek glo dat veelsydigheid bygedra het tot sy vermoĆ« om ’n bestaan te kon maak as ’n hoogs suksesvolle en baie invloedryke Afrikaanse kunstenaar oor dertig jaar. Richard speel toneel: In teater, televisie, films en radio het hy saam met Afrikaans se grootste akteurs en aktrieses opgetree. Hy is groot in oorklanking na Afrikaans. Hy maak musiek, alleen of saam met Lochner De Kock en Andrew Roos of saam met Anton Goosen, Piet Botha en Andre Swiegers as 4. En hy is betrokke by musiekteater saam met Karen Wessels en Anneke Visagie.

Op al die gebiede het Richard van der Westhuizen tot dusver diep spore gelaat in Afrikaans en Suid Afrika.

3 comments:

BoerinBallingskap said...

Dankie vir hierdie inskrywing. Dit het my sommer nou baie jare teruggeneem. Tog so jammer dat die werklike groot geeste in Afrikaanse musiek en die ouens met soveel talent ongelukkig selde die is wat die meeste aandag trek (of die meeste musiek verkoop). Oor Richard (en Lochner) kan ek net saam met jou stem.

Anonymous said...

Moet saam met Boer stem oor die groot geeste wat nie die aandag kry wat hul behoort te kry nie. Richard was nog altyd een vanmy gunstelinge.

BluegrassBaobab said...

Ek dink nog steeds dat Vuurklip een van die beste Afrikaanse CDs is nog ooit uitgereik is. Ek weet dis 'n helse stelling en almal sal nie saamstem nie, maar ek dink dit was 'n waterskeiding, want daarna het Afrikaans musiek ontpop. Natuurlik het die omstandighede in SA ook baie veranderinge ondergaan gedurende die laat 90's and vroee 20's. Nietemin, Richard (en Lochner) is 'n groot gees.