Wednesday, March 30, 2011

Midweek Musical Muse XII - Johnny En Die Maaiers


Na aanleiding van die eer wat Die Antwoord, die Suid-Afrikaanse white-trash, zef-rap-rave musiekmakers, toegeval het die week toe die bekende kuns ondersteuners en eienaars van verskeie moderne kuns museums, die Guggenheim Foundation, aangekondig het dat Die Antwoord se video, Zef Side, een van die Internet se 25 bestes videos van die afgelope 2 jaar is, plaas ek graag ‘n alternatiewe blik en skyfies van die Afrikaanse musiek geskiedenis vanaf die sestigerjare tot en met die Voëlvry beweging.

Oor hierdie reeks videos sal ek Jamie Oliver aanhaal: “Delish”. Die Antwoord sal natuurlik sê: Geniet net die fôkken musiek doos!

Omdat ek self van agter die Boereworsgordyn kom verkies ek liewers wat Francois Badenhorst van Coke van Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel-faam gesê het: “Ek laaik van Afrikaans praat” en Hunter Kennedy, ook van Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties-faam beaam het: ”Ons is Afrikaans, there is no way around that.” So praat die monde van die Bellville manne van agter die Boereworsgordyn. En dis van agter hierdie gordyn wat die Afrikaanse musiek se volgende evolusie gekom het rondom die einde van die Twintigste en gedurende die begin van die Een-en-Twintigste eeu.

Vat hom Fluffy!

Die Intro



Deel 1 - Die Sestigerjare



Deel 2 - Is Afrikaans 'n genre?



Deel 3 - Musiekfeeste



Deel 4 - Die Jare Sewentig



Deel 5 - Die Voëlvry beweging verander Afrikaanse musiek vir altyd




3 comments:

Rian said...

Baie interessant.

Unknown said...

Huidige musiek is soveel beter as die 60s sin.

Mandy said...

Oh my hat, listening to Die Antwoord the first time made my ears bleed and I am known for listening to very loud, very obnoxious music. I love them if only because they are so bad but even I can't bring myself to listen to them. There was some great music to come out of the Voëlvry movement. I was a great fan of Johannes Kerkorrel and Koos Kombuis. Perhaps that is why I still refuse to let language be a barrier in the music I listen to.