Wednesday, February 22, 2012

Tempel van die Draak in Vrede

Die ongetwyfelde hoogtepunt van my dag in Kyoto was my besoek aan die tuine van die Tempel van die Draak in Vrede, Ryoan-ji tempel. Ek het reeds geskryf oor Ryoan-ji se wêreld bekende rots-en-gruis tuin, maar die tempel het ook ‘n enorme konvensionele tuin. Ek wil amper sê ‘n tipiese Japanese tuin.  

Alhoewel ek gekom het vir die herfskleure en dit gereën het het ek nie baie omgegee oor die reën nie want Japanese tempel tuine lyk soms beter as dit nat is. Die lagie reënwater wat soos verpakkingsplastiek om die rotse geklou het en glinsterend op die oog vertoon het en die bewolkte lug het bygedra tot die skepping van ‘n atmosfeer van somberheid en statigheid. Groen was groener and bruin was bruiner. Vallende reëndruppels vanaf blare en takke het ‘n amperse musiekale agtergrond verskaf vir die wandeling deur die tuin en om die dam. Maar beskrywende woorde is nie regtig nodig nie. Ek sal die fotos die praatwerk laat doen.



Kyoyochi Dam wat in die 12de eeu geskep is as ‘n watertuin. Soms dink ek tyd staan stil in tempels. 


'n Bruggie wat toegang gee tot een van die twee eilande in die dam. Die bruggie lei na die grootste van die eilande waar 'n heilige plek (shrine) is wat Benzaiten vereer. Benzaiten is die enigste vroulike godin onder die groep van sewe gelukbringende Shinto gode van Japan.  




Herfskleure op hul mooiste.

2 comments:

kaalvoetinireen said...

Beautiful! Laat my sommer terugverlang na die Ooste...nie dat dit veel vat om terug te verlang nie ;-)

Lyk my dis die wordpress open ID wat nie wil werk nie

BluegrassBaobab said...

Danklie dat jy laat weet het wat die probleem is.